Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6131 resensies.
"WiFi in Sandbaai-area is as reël baie swak. Vir so 'n groot area, Hermanus, Sandbaai, Onrus, Vermont, is dit baie teleurstellend. Dit het my seun so iets soos 5 jaar gevat om goeie diens te kry."
"Heerlike restaurante en oulike winkeltjies. Dorp is baie skoon en mense is vriendelik."
"Lekker staproetes naby, padstalle, rustige dorpie met kunsgalerye en puik restaurante/koffiewinkels."
"Legio opsies vir ervaring in natuur en eetplekke van puik gehalte en vriendelike diens."
"Drove and walked around a little. The town has many interesting stores/shops. Very enjoyable."
"We had loafers knocking at night time on our door which made me feel very unsafe."
"Baie mooi dorp, soveel om te doen en die mense is baie behulpsaam en vriendelik."
"My eerste besoek aan Swellendam en ek was aangenaam verras. Defnitief 'n besoek werd! Skoon, netjiese dorp met vriendelike mense en geen slaggate!"
"Ons het ongelukkig 'n trietsige weer naweek getref, en moes baie vanuit die motor ervaar. Ons het wel 'n bietjie met die honde gestap en dit was heerlik."
"Dit is 'n amazing kusdorpie veral vir die visserman. Is teleurgesteld in die 2 plekke waar ons geëet het. Die prys van kos pas nie by die kwaliteit. As ons weer 'n geleentheid het om terug te keer sal ons 100% selsorg wees om teleurstelling te voorkom. Die uiteetplekkies cater vir die toeriste in bedrag maar glad nie in waarde. Maar ek hoop om julle weer gou te sien!"
"Verskriklike mooi dorpie. Die see en die berge is baie mooi. Die mense is vriendelik en aangenaam. Klomp verskillende restaurante om van te kies met heerlike kos en meeste van hulle is troeteldiervriendelik. Verskriklik lekker gestap verby al die stalletjies en lekker roomys geeet. Ons het omtrent elke dag walvisse gesien, dit was asemrowend mooi en definitief een vir die boeke"
"Dit is 'n baie netjiese kampeeroord. Dit was stil en rustig met min verkeer."