Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35325 reviews.
"Wonderlik om die mooi argitektuur en ou bome in hierdie lewendige omgewing te sien en beleef."
"Wonderful, especially my trip over the Swartberg Pass to Prins Albert and my visit to Buffelsdrift."
"Ons is Kaapenaars en dink ons het .die mooiste provinsie, aangesien ons heelwat in Suid-Afrika getoer het."
"Pragtig. Wens ons kon permanent daar woon. Strate is skoon en netjies. Parke en alles word in stand gehou."
"'n Rusplek in die middel van die Karoo met interessante besienswaardighede. As jy lief is vir geskiedenis en vir die natuur is dit die plek om te gaan."
"Such a nice experience to see the different environment the Cape offers in terms of coastal views, mountain scenes etc. In Gordons Bay there was a nice balance between the quaint coastal curio-type shops, restaurants, shopping malls and facilities."
"Prince Albert het die vriendelikste mense, gaaf, behulpsaam en gesellig. Ons het vir Johnny ontmoet en dis lekker om te weet dat hy en ander dorpenaars soos hy die tuine so mooi in stand hou. Die slaghuis op die dorp het die beste diens en vleis in die Karoo. Ek het dit so waardeer om die eienaar en sy seun te ontmoet en ons vleisies is in sulke mooi verpakking aan my oorhandig dat my man gedink het iemand het vir ons 'n geskenk gegee. Prince Albert is 'n hondevriendelike dorp."
"Defintief een van die sewe wonders van die wêreld. Tafelberg, die see en natuurskoon is asemrowend."
"My siel is in Hermanus al is my lyf elders. Ek en my dogter gaan jaarliks Hermanus toe vir 'n ma en dogter-wegbreek en enige geleentheid wat ek kry met my man, vriende of familie. Hermanus bied vir beide see- en bergliefhebbers ontspanning. Dit het die mees, asemrowende kuslyn, van rotsagtig en stormsee tot rustige platstrand vir swem, genoeg restaurante, lekker snuffel-winkeltjies, gallerye vir kuns liefhebbers en 'n verrassende natuurskoon by elke baai. Mal oor Hermanus"
"Ons wou graag by die Lighuis 'n draai maak vir hul berugte roosterbrood, maar beurtkrag was daagliks teen ons. Om net deur die venster te loer was die kuns pragtig."