Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Sal defnitief Die Krans, Calitzdorp aanbeveel vir 'n ligte maaltyd. Salig onder die wingerd met goeie diens en gas vryheid en rustige musiek. Hulle Red Ruby is uit die boonste rakke. Bo-Plaas is 'n moet vir nog goeie port."
"Stilbaai is 'n fantastiese toerisme bestemming. Daar is vele dinge om te doen, behalwe die long white beaches wat op kan loop. Ek is super impressed met Stilbaai #PlacesThatRock."
"Maak seker dat jou verblyf op Franschhoek lank genoeg is. Doen minstens een van die roetes met die wyntrem en sorg dat julle 'n minimum van twee dae het om net in en rondom die dorp rond te ry en al die mooi plekke te besoek. Voorwaar 'n bestemming wat mens herhaaldelik kan besoek!"
"Darem net die mooiste plek op aarde met die vriendelikste mense. Dink nie daar is plek op hierdie aarde waar mens so naby mens se skepper voel as hier in die Kaap nie. Dis net awesome mooi en so skoon."
"Wonderlike dorp met heerlike klimaat. Dit is ook seker een van die netjiesste dorpe in ons land!"
"Struisbaai is 'n rustige kusdorp waar mens alles wat jy nodig het kan kry en lekker ontspan."
"Skoon, netjies, veilig en skilderagtig mooi, beslis een mooiste dorpe in ons land."
"Hulle kan Hart & Bosch wat op pad Groot Brak toe is beter bemark, ons het nie eers daarvan geweet nie."
"Die toeristebedryf het baie skade gely met Covid. As ons die plekke wil laat voortbestaan gaan ons plaaslik moet ondersteun. Pragtige ou huise en geboue."
"De Rust is 'n lieflike pragtige Karoodorpie met 'n paar oulike snuffel-winkeltjies. Ray's is 'n prima koffiewinkel wat ook heerlike ontbyt en ligte etes bedien. Die Grumpy Goat is gesellige kroegie waar daar lekker saam met die vriendelike locals gekuier word, die eienaars bedien lekker pizza en hamburgers ook daar. Die omliggende Meiringspoort asemrowende mooi natuurskone berge, klowe en riviertjies."
Great Brak River, Western Cape
Four Seasons Guest House"Tannie Rina se kunswerk is iets om te sien!"
"Stay at least 2 days, walk around, get to talk to locals and eat in the local restaurants."
"Rustige kusdorpie met eindelose strand, getypoel, rotse, duine, riviermond en rivier. Ietsie vir almal."