Verified Reviews
Wild Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 1145 reviews.
"Stutterheim is surrounded by forestry and beautiful nature walks. Yet, they also have a fantastically interesting Engine Museum, who's caretaker is truly passionate. This is definitely a place to visit as well if you're passing through the little town."
"Ek sal volgende keer 'n dag langer bly a.g.v. puik ligging en beslis my visstokke saambring."
"Wees baie versigtig om a bootrit op die rivier by Offshore Africa te bespreek - hul besprekingsisteem is nie van die beste nie en hul kanselleer op kort kennisgewing as jy nie deel is van 'n groot groep nie. "
"Baie rustige area. Ek het nie een keer onveilig gevoel nie. Sal graag in die toekoms weer gaan."
"Ons is baie mal oor Gonubie en bly gereeld daar oor op pad Kaap toe. Het al per geleentheid langer ook gebly en die omliggende omgewing verken."
"Sou nie regtig daar kan swem nie, teveel rotse op die strand. Moet na ander strande ry."
"Rustige stranddorp buite die vakansieseisoen. Beveel dit beslis aan."
"Die winkel in Haga-Haga kan beter ingerig word met meer en 'n groter verskeidenheid voorraad. Dit beskik net oor die basiese en sal onvoldoende wees vir toekomstige besoekers wat hier besoek as 'n selfsorggroep. Veral as 'n mens wil braai, want daar is geen ander winkels beskikbaar in die omgewing as jy iets nodig het nie. Die plek is meer vir rustige besoekers en vissermanne wat daar kom kuier. "
"Ons is mal oor Gonubie. Ons het vir 'n ruk daar gebly en sal vir enige iemand aanbeveel om daar te gaan kuier."
"Security, security and security. I hope next time I visit the road construction will be done."
"Cintsa is die perfekte dorpie as jy wil ontsnap van die stadsomgewing. Dit is 'n beeldskone omgewing, met kilometers se strande wat smeek om op geloop te word. Die dorpie is bitter klein, met slegs die nodige geriewe. Daar is nie veel om te doen behalwe te rus en die natuur te geniet nie - droomvakansie!"
"Die geriewe is skoon en pragtig geleë. Die ontbyt wat voorgesit word is uit die boonste rakke en ek dink beter as wat mens by ander plekke kry. Dit is beter as vyfster. Was al drie keer daar en geniet dit elke keer meer. Word ten sterkste aanbeveel. "
"Glengariff is a quiet, secluded venue. We had a few young family members over for a braai, and my main concern was the noise level, they did not play loud music, but they were loud in speech. I felt uncomfortable as I felt we were disturbing the peace. So it is not a place for rowdy or loud people. It is a place for a family with young children who go to bed early."
"Die gebied rondom die reviermond is goed ontwikkel vir vakansiebedrywighede, restaurante, stappaaie en parkeerplek. Die res van die kus is rotsagtig met beperkte toegang tot die see behalwe waar daar getypoele gebou is."
"Ons sien hulle is besig met die opgradering van die paaie en plek."