Verified Reviews
Wild Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Wild Coast
Rated 4.4 out of 5 based on 1105 reviews.
"Heerlike rustige plekkie en sal definitief weer daar wil gaan kuier. Lekker kuiertyd by die hotel op Saterdagaande en daar is tot helikopter-landingstrook. Wandelpaaie goed onderhou. Sal dit selfs oorweeg as aftree dorp."
"Fantastiese vakansiebestemming, heerlike strande. Veral Nahoon Beach is 'n lekker swemstrand. Fantastiese winkelsentrums soos Beacon Bay Retail Park, Hemingsway Mall en nog vele meer."
"Gonubie is baie mooi en ons sal dit beslis aanbeveel vir enige reisiger."
"Have been pleasantly surprised by the area being self-sufficient in terms of restaurants, malls and outdoor entertainment on the edge of the ocean. "
"Ek was aangenaam verras met die dorp en baie spyt dat ek nie langer kon bly om meer te ondersoek en te ervaar nie."
"Really safe and walking distance from everything. Go and visit Heavenly pancakes, it is definitely a must for anybody visiting Gonubie."
"Kidd's Beach is baie stil en rustig soos wat 'n vakansie moet wees, weg van al die gejaag en geraas."
"Het aanvanklik net gesukkel om uit te werk hoe die eetplekke werk, maar as jy dit eers verstaan dan gaan dit sommer baie makliker. Het baie van die Village Bistro se kos en diens gehou. Dit is waarlik 'n heerlike plek om te kom afskakel en jou batterye te kom herlaai."
"Bespreek 'n bootrit by die Marina. Dis beslis die moeite werd - daar is verkeie opsies van 1uur tot 4½ uur bootritte teen baie billike pryse."
"Baie lekker vakansiedorp met baie aktiwiteite en interessante restaurante. Veral aangenaam as die meeste mense na nuwe jaar vertrek."
"Benodig nog sitplek vir die mense wat nie strand toe gaan nie, maar wat wil net sit en kyk vir die see. "
"Uitstekende strand en swemarea. Mooi rivier uitmonding wat ideaal vir kinders is."