Geverifieerde Resensie
Erongo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Erongo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 186 resensies.
"'n Heerlike plek om vakansie te hou. Die Munisipaliteit sal moet aandag gee aan oorvol rioolsisteme, veral oor die vakansietyd."
"A lovely peaceful town with an awesome promenade along the beach. The vibe during the December holiday season was super festive. Many restaurants and food trucks to visit."
"Pragtige plek, baie om te doen. Sal beslis weer Swakopmund in die toekoms wil besoek."
"Besondere plek, met eie karakter, baie interessante besoekplekke, met groot verskeidenheid van eetplekke."
"Tien uit tien vir hierdie pragtige dorpie met sy super vriendelike mense. Daar is soveel om te doen."
"Definitief ’n stad met veelvuldige inkopiesentrums. Baie restaurante en besienswaardighede. Interessante winkels en vriendelike mense."
"Hentiesbaai is 'n stilword dorp. Ons het asem geskep na 'n paar dae waar ons elke aand iewers anders oorgeslaap het. Die wassery besoek en net weer opgevang."
"Uitstekende toerismebestemming met veelvoudige kuierplekke en ontspanning, veral met ons skydiving ondervinding by Skydiving4fun."
"Baie ryk in Duitse geskiedenis. Rustig om rond te loop. Bedelaars is maar probleem van die die hele wêreld. "
"Beautiful coastal town. Very clean and everyone is so friendly and relaxed. Beautiful buildings all over and the beach is walking distance from all guesthouses."
"Besles 'n voëlparadys. Jy kan ure spandeer om vele watervoëls te sien en jou lys te verleng. Walvisbaai gee die indruk dat dit redelik veilig is. Tog moet elke persoon oplet na waar jy is en wie daar is."
"Daar is net een Swakopmund! Dit is 'n juweel-bestemming en 'n absolute moet-besoek vir elke toeris, reisiger of as jy sommer net wil wegbreek."
"As ek vandag kan immigreer is ek klaar gepak. Die mooiste, mooiste plek. Daar kan mens woon sonder enige stres. Dit is "awesome""
"Walvisbaai het ons regtig verbaas. Daar was lekker eetplekke, 'n waterfront met restaurante. Baie moderne huise om die lagoon. 'n Netjiese stap/drafpaadjie om die lagoon. Ons was op 'n catamaran-vaart met oesters en sjampanje. Die publieke areas se gras word gereeld natgespuit en daar is omtrent geen rommel in die strate nie."