Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Graaff-Reinet

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1833 resensies.

Graaff-Reinet

Karoopark Guest House

"'n Pragtige dorp."

Graaff-Reinet

Kambro Cottage

"Graaff-Reinet is 'n pragtige dorp met wonderlike dinge om te verken. Van ou kerke, museums, kaktustuine tot staproetes en soveel meer, is dit werklik iets om te beleef. Die inwoners is vriendelik en laat 'n mens tuis voel. Van die oomblik wat 'n mens by die dorp inry voel 'n mens ontspanne en verlaat die alledaagse stres jou onmiddellik. "

Graaff-Reinet

Profcon Country Cottages

"Wens ons het langer daar gebly. Baie lekker geëet by Pioneers Restaurant."

Graaff-Reinet

Camdeboo Cottages

"Ten spyte van die gure weer, kon ons effe rondstap. Dit lyk na 'n dorp met baie om te sien en te doen. Die museums was reeds gesluit, maar is op ons doen-lys, asook die omgewing, veral die Nasionale Park. Wat wel gehinder het, is die toestand van die park agter die indrukwekkende kerk (voor die stadsaal/burgemeesterskantoor?). Die terrein is vuil en onversorg, met haweloses wat doelloos rondsit. Ons sal wel terugkom om die dorp se besienswaardighede en die omgewing te verken."

Graaff-Reinet

Obesa Lodge

"Pragtige dorp."

Graaff-Reinet

Camdeboo Cottages

"Ryk aan geskiedenis - Baie interessante plek."

Graaff-Reinet

Aan Die Oewer Graaf-Reinet Guesthouse

"Mooi historiese dorp! Het oorslaap geniet. Nog baie om te sien as ons volgende keer kom kuier."

Graaff-Reinet

Rietjiesbos

"Pragtige plek om jou vakansie mee te begin of af te sluit as jy op pad Kaap toe is. Oulike winkels en restaurante in die dorp met 'n baie rustige atmosfeer. Slim dorp om jou laaste vars kos te koop as jy oorgeslaap het in Graaff-Reinet."

Graaff-Reinet

Obesa Lodge

"Pragtige stad, dis goed om te sien dat daar nog mense is wat omgee oor dele van ons land."

Graaff-Reinet

Obesa Lodge

"'n Pragtige dorp met 'n baie interessante museum. Definitief die moeite werd."

Graaff-Reinet

Stemar Self Catering Guest House

"Was jammer dat die kleiner snuffelwinkeltjies toe was weens 'n besige seisoen 'n Mens sou gehoop het dat dit wel nog oop is vir die besoekers. Die historiese geboue is moeilik om op te spoor - 'n pamflet wat 'n duidelike kaart op het met 'n bietjie geskiedenis van die geboue en waar hulle is sal voordelig wees. "

Graaff-Reinet

Obesa Lodge

"Obesa-kwekery is 'n moet! "

Graaff-Reinet

Karoo Vine Guest House

"Heerlik by Polka-restaurant geëet."

Graaff-Reinet

Beau & I

"Lieflikste dorp! "

Graaff-Reinet

Obesa Lodge

"As jy van vetplante hou, is die Obesa-kwekery 'n fantastiese plek om te besoek! Daar is ook heelwat om te sien in die omgewing: die Vallei van Verlatenheid is asemrowend, en Nieu-Bethesda met sy Uilhuis is net 50 km weg. Dis beslis die moeite werd om meer as net een aand hier te bly!"

Graaff-Reinet

KarooRus Family Chalet

"Ons het ongelukkig nog nooit Graaff-Reinet as 'n toeristebestemming besoek nie, maar slegs as oornagverblyf op pad na Gauteng of terug Kaapstad toe. Ons hoop egter om een of ander tyd 'n paar dae langer daar oor te bly, want ons is baie beïndruk met wat ons daar ervaar het."

Graaff-Reinet

KarooRus

"Pragtige dorpie met lekker baie om te sien. "

Graaff-Reinet

Profcon Country Cottages

"Dis 'n pragtige dorp met die mooiste geboue. Jammer dit is so droog, ons bid net dat die reën gou vir julle sal kom."

Graaff-Reinet

Avondrust Guest House

"Hou baie van die dorp en dit is 'n gereelde kuierplek vir ons."

Graaff-Reinet

Rietjiesbos

"Bespreek gerus 'n wildrit na die Camdeboo Nasionale Park - daar is soveel interessanthede wat vertel word oor Graaff-Reinet en die park - ook genoem die Vallei van Verlatenheid."

Graaff-Reinet

Aa'Qtansisi Guest House

"'n Baie mooi dorp. Wil nog vir 'n paar dae daar gaan bly om die omgewing te verken. Dié dorpie het die oulikste restaurante met baie besonderse kosse."

Graaff-Reinet

Kingfisher Lodge

"Ons het die dag in Camdeboo National Park deur gebring en kan dit beslis aanbeveel. Die geriewe is in uitstekende toestand en daar is lieflike roetes in die park. Ons het ook gebraai in die park en moet noem dat die piekniekarea lieflik was. Beslis die moeite werd om te besoek."

Graaff-Reinet

Profcon Country Cottages

"Ons het die dorp en die omgewing baie geniet. "

Graaff-Reinet

Obesa Lodge

"Jy mag dit nie mis nie. 'n Mens het ten minste een volle dag nodig om dit ordentlik te ontdek."

Graaff-Reinet

Kingfisher Lodge

"Die dorp gaan agteruit, die strate is vuil. Was 5 jaar gelede nog pragtig en skoon."

Graaff-Reinet

Obesa Lodge

"Geskiedkundige plek."

Graaff-Reinet

The Cottage

"Pragtige dorp met goeie restaurante."

Graaff-Reinet

Middle Street Manor

"Ons het nog nie die toeristemoontlikhede ten volle benut en beleef nie en is van plan om binnekort so te maak. Goeie eetplekke en waarde vir geld."

Graaff-Reinet

Avondrust Guest House

"Die Vallei van Verlatenheid bly maar net eenvoudig 'n moet om te besoek."

Blad
Blad 51 - Wys 1501 tot 1530
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem