Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Graaff-Reinet

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1833 resensies.

Graaff-Reinet

Fairfield Cottage

"Pragtige dorp! Wens ons kon langer bly. Het heerlik geëet by Polka!"

Graaff-Reinet

Fairfield Cottage

"Besondere geskiedkundige omgewing met museums, ens. Mooi NG Kerk en ander besienswaardighede."

Graaff-Reinet

KarooRus

"Beslis 'n besoek werd."

Graaff-Reinet

Stemar Self Catering Guest House

"Graaff-Reinet is 'n interessante dorp met baie om te sien. 'n Hoogtepunt was die orreluitvoering in die Nuwe Kerk. Dit was 'n wonderlike ervaring."

Graaff-Reinet

KarooRus

"Ons sal die dorp weer besoek, maar vir 'n langer tydperk."

Graaff-Reinet

Kleine Heimat

"Absoluut verlief op Graaff-Reinet!"

Graaff-Reinet

Stemar Self Catering Guest House

"Pragtige geskiedkundige dorpie."

Graaff-Reinet

Graaff-Reinet Inn

"Die eetplekke is van goeie gehalte en billik."

Graaff-Reinet

Buffelshoek Guest Farm

"Ons het die Camdeboo Nasionale Reservaat geniet!"

Graaff-Reinet

Aan Die Oewer Graaf-Reinet Guesthouse

"'n Besoek aan die Camdaboo Park met die Vallei van Verlatenheid is 'n geleentheid wat nie gemis moet word nie!"

Graaff-Reinet

Donkin 32

"Ons het 2 keer by POLKA geëet en dit was besonders lekker. Die diens was fantasties. "

Graaff-Reinet

Beau & I

"Wat 'n pragtige juweel in ons land. Die mense is besonder vriendelik en veral die buitelandse toeriste vind die dorp baie aanloklik. Die Nasionale Park tot die museums is alles in 'n baie goeie toestand. Die restaurante en winkeltjies is werklik uniek. Absoluut die moeite werd om Graaff-Reinet te besoek. "

Graaff-Reinet

Camdeboo Cottages

"Eet by POLKA, dis 'n eet-ervaring. Gaan kyk oudhede."

Graaff-Reinet

Stella's Guesthouse

"Dit was vir ons opvallend hoe skoon die dorp is. Vallei van Verlatenheid is 'n moet. Ons het ook die Camdeboo Nasionale Park baie geniet. Ons kon ook binne die NG Kerk ingaan om fotos te neem. Die omgewing se natuurskoon is wonderlik om te aanskou."

Graaff-Reinet

Obesa Lodge

"Die hitte is wel erg maar mens moet daarby verby leef - dit is immers die Karoo. Nieu-Bethesda, die vallei, Kaktus-plaas, Grootkerk en geskiedenis van die dorp is elk 'n belewenis op hul eie. Die dorp is baie rustig en baie skoon. Die dorp en omgewing roep om 'n volgende besoek. "

Graaff-Reinet

Obesa Lodge

"Ek sal enige tyd weer hier oorbly."

Graaff-Reinet

Donkin 32

"'n Wonderlike, geskiedkundige dorp en 'n mens het genoeg tyd nodig om al die besienswaardighede te ontdek! Wat my egter opgeval het is dat die strate nie meer so skoon is soos vroeër jare nie!"

Graaff-Reinet

Beau & I

"Ons het laatmiddag deur Graaff-Reinet se strate gestap en was beïndruk met die netheid. Daar was nie 'n papiertjie, bottel of blikkie te sien in die strate of op sypaadjies in die paar blokke wat ons gestap het nie. Dit lyk of die geskiedenis en kulturele erfenis van die dorp mooi bewaar en in stand gehou word."

Graaff-Reinet

Profcon Country Cottages

"Dorpie is bietjie vervalle, maar monumente word baie mooi onderhou."

Graaff-Reinet

Andries Stockenström Guesthouse

"Die Drostdy Hotel is pragtig oorgedoen ... 'n drankie of koffie by hulle nuwe kroeg is aan te bevele."

Graaff-Reinet

Buffelshoek Guest Farm

"Pragtige, historiese dorp."

Graaff-Reinet

Watervalfarmstay

"Tyd was te kort om al die besienswaardighede te besoek. Sal moet terugkom."

Graaff-Reinet

The Cottage

"Dit sal my altyd bekoor om hierheen te kom aangesien ek hier gebore is. My wortels is hier daarom maak ek van tyd tot tyd 'n draai!"

Graaff-Reinet

Beau & I

"Besienswaardighede word nie meer in stand gehou nie. Die dorp is vuil en verwaarloos. Die park agter die kerk vol leë bottels en papiere. Hartseer om te sien hoe die dorpie sy karakter verloor het."

Graaff-Reinet

Obesa Lodge

"Pragtige dorp. Geskiedkundige plekke, wildreservate naby, pragtige natuurskoon. Beslis moeite werd om spesiaal te besoek."

Graaff-Reinet

Uitkomst Guest Farm

"Graaff-Reinet is 'n spogdorp met 'n ryk geskiedenis en bied meer as 'n mooi kerk! Natuur is pragtig van die wildsplase tot by die Vallei van Verlatenheid. Pragtige antieke- en snuisterywinkels in die dorp en besondere eetplekkies."

Graaff-Reinet

Beau & I

"Die Karoo is vir my pragtig en Graaff-Reinet is soos die hart van dit als."

Graaff-Reinet

Beau & I

"Alles was toe so ons kon nie regtig na baie plekkies kyk nie ..."

Blad
Blad 60 - Wys 1771 tot 1800
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem