Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1910 resensies.
"Prince Albert is a delightful town full of warm-hearted, friendly locals who have time for a chat. I loved the big art gallery and public library. I went to their Saturday market and enjoyed meeting the stall owners and supporting them. I attended a writing course with Daniel Dercksen, which I enjoyed tremendously. The dairy in town was a fascinating find. One night I had dinner at the Karoo Cafe and what an experience it was. Excellent food. I hear some present cookery courses and art courses too. The Lazy Lizard is a jewel in this Karoo town! The range of products she stocks and the bakery goods (breads, pastries and cakes) are absolutely delicious! I brought a carrot cake home with me. Her cheesecake is superb too! I can understand why so many people settle in Prince Albert. It is a perfect town. Close to George, Oudshoorn and Cape Town. A peaceful, safe place to put down roots."
"Dorp is 'n moet. Kan soveel meer doen en toeriste lok as mense saam staan. Museum was toe, uitstallings by teleskoop buite dorp buite werking en gelyk of laerskoolkinders dit gedoen het."
"'n Baie interresante dorp met baie te doen vir die toeriste. 'n Besoek aan die plaaslike wynkelder, Fernskloof, is hoogs aan te beveel. Die verskeie eetplekkies is ook iets om te verken."
"Die besoek aan Sterland met Jurg Wagener was werklik 'n fantasie ervaring en kan dit aanbeveel."
"Te kort om enige sinvolle kommentaar te lewer, maar die interessante vertellings van die dorp en die omgewing regverdig 'n tweede besoek. Die NG-kerk is 'n besonderse imposante gebou met 'n kleurryke geskiedenis. Hierbewens is Merweville as dorp goed versorg, baie netjies en skoon. Terloops, nou baie toeganklik vanaf die N1 nadat die dorp met 'n goeie teerpad verbind is."
"Prins Albert is 'n plek waar 'n mens dae lank kan kuier by al die eetplekke en winkeltjies."
"Die dorp het al ons verwagtinge oortref met kuierplekke, besonderse kunsgalerye en gawe inwoners."
"'n Pragtige, landelike dorpie met sy eiesoortige boustyl. Ons het heerlik uitgeëet by The Rude Chef."
"Pragtige dorpie. Vriendelike mense en die rustigheid wat net die platteland kan bied."
"Dis nou werklik 'n juweel. Die natuur en plante is besonders. Omring deur berge en vol vriendelike mense. Baie historiese geboue en lekker kaas."
"Ons gaan so gereeld as wat ons dit kan bekostig, daarheen. Karoo op sy beste."
"Quaint village, great fresh produce at farmers market Saturday morning, lovely art and crafts in town, beautiful open Karoo landscape!"
"Not much in Sutherland to avoid any additional light pollution in the area which adds so much charm to the little town."
"'n Heerlike rusplek met soveel te sien en te doen. Meer as wat ons verwag het. Ons moes eintlik nog 2 dae ekstra gebly het."