Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1877 resensies.
"Te kort om enige sinvolle kommentaar te lewer, maar die interessante vertellings van die dorp en die omgewing regverdig 'n tweede besoek. Die NG-kerk is 'n besonderse imposante gebou met 'n kleurryke geskiedenis. Hierbewens is Merweville as dorp goed versorg, baie netjies en skoon. Terloops, nou baie toeganklik vanaf die N1 nadat die dorp met 'n goeie teerpad verbind is."
"Prins Albert is 'n plek waar 'n mens dae lank kan kuier by al die eetplekke en winkeltjies."
"Die dorp het al ons verwagtinge oortref met kuierplekke, besonderse kunsgalerye en gawe inwoners."
"'n Pragtige, landelike dorpie met sy eiesoortige boustyl. Ons het heerlik uitgeëet by The Rude Chef."
"Pragtige dorpie. Vriendelike mense en die rustigheid wat net die platteland kan bied."
"Dis nou werklik 'n juweel. Die natuur en plante is besonders. Omring deur berge en vol vriendelike mense. Baie historiese geboue en lekker kaas."
"Ons gaan so gereeld as wat ons dit kan bekostig, daarheen. Karoo op sy beste."
"Quaint village, great fresh produce at farmers market Saturday morning, lovely art and crafts in town, beautiful open Karoo landscape!"
"Not much in Sutherland to avoid any additional light pollution in the area which adds so much charm to the little town."
"'n Heerlike rusplek met soveel te sien en te doen. Meer as wat ons verwag het. Ons moes eintlik nog 2 dae ekstra gebly het."
"Die klassieke hotel en moderne ginkroeg asook die mooi huise in die omgewing, berge ens., maak dit 'n goeie bestemming vir 'n paar dae om ouwêreldse rustigheid te kom ervaar."
"Heel billike plek om vir 'n aand oor te bly, en die eetopsies in die dorp het baie bekostigbare pryse."
"Pragtige plek met vriendelike mense. Wil weer gaan en volgende keer langer bly!"