Geverifieerde Resensie
Cape Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1910 resensies.
"Mal oor Prins Albert. Kan oor en oor weer teruggaan. Een dag is te min, volgende keer bly ons langer."
"Die NG Kerk is pragtig binne en buite, 'n begeleide toer is beskikbaar. Die dorpie is baie skoon en mense is vriendelik. Ons het heerlike lamskerrie by Jupiter restaurant gaan eet. Die sterrekyk die aand buite die Planetarium is beslis die moeite werd, asook die vertonings in die Planetarium deur die dag. Ons kon ongelukkig nie die Louw Huis besoek nie, want ons moes vroeër bespreek het. Bly gerus ten minste 2 aande oor, want daar is genoeg om te sien en te geniet. Sutherland is 'n onopgesmukte, egte Karoo juweel."
"The SALT-tours really need to be reopened properly, at the moment it is just drive-through with no explanations. Great stargazing at Jurgs."
"Prins Albert is 'n verskriklike lekker, rustige dorpie om net van die gejaag af weg te kom, net jammer dis so ver van die Kaap af."
"Dorpie is maar eenvoudig, maar mense baie gasvry en behulpsaam. Die teerpad vanaf Leeu-Gamka is 'n bonus!"
"Dit was my 2de besoek aan Sutherland, en die slaghuis wat geskuif het se diens is nie so vriendelik soos die vorige een nie. Geen fout met die vleis nie - inteendeel was dit heerlik sag."
"In hierdie moeilike tye moet pryse maar gemik word op Suid Afrikaners en nie die oorsese besoekers se bekostigbaarheid."
"Prins Albert het my verras met klein weggesteekte juweeltjies en die karoo landskap rondom die dorp is verrassend anders as dit wat jy sien rondom die N1 pad daar naby."