Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Route 62
Rated 4.5 out of 5 based on 2333 reviews.
"Robertson as dorp het ons voete onder ons uitgeslaan. Ons het lanklaas 'n klein dorpie in SA gevind wat so op die bol is soos op Robertson. Die dorp het baie gegroei sedert ons 4 jaar gelede by Bourbons gaan eet het. Die Spar was 'n belewenis en 'n lushof om by te gaan inkopies doen. Postnet se koffieplekkie en kreatiewe uitleg is pragtig. De Bakkerij is kreatief en oulik! En dan het dit ons opgeval hoe mooi die meeste van die dorp se huise versorg en gerestoureer is om by die boustyl van die dorpie te bly. Die imposante gebou van Four Cousins restaurant het my erg beïndruk en die Sondagmiddag atmosfeer was vreeslik lekker! Net jammer daar was nie genoeg tyd om by al die koffiewinkels en wynplekkies te gaan inloer nie. Selfs die Hospice winkel het beïndruk. Baie dankie. Ons kom weer kuier!"
"Die bekoring van Ladismith is die sjarme van die dorpie, sonder om toeristerig te wees. Dié plek sien ons beslis weer!"
"Dis 'n pragtige dorp en omgewing - Sal definitief weer besoek en verder verken."
"Rustig dorp met enkele leuke eetadresjes. Aanrader een maaltijd in het wijnhuis De Krans"
"Restaurant waar ons geëet het 22 Church Str uitstekend. Mense van Montagu baie vriendelik. Het Niel van Niel se Huiswinkel ontmoet was baie baie vriendelik en het uit sy pad gegaan om my Engelssprekende familie by te staan. Baie dankie."
"'n Pragtige dorpie en het ons heerlik by die Ole Tavern Restaurant geëet. "
"Dit is my geboortedorp en die plek het so baie goeie veranderinge. Dit is waarlik 'n pragtige dorp."
"Lieflike vreedsame dorpie met alles wat jy nodig het vir 'n wegbreeknaweek."
"Very quiet, friendly people. Strangers were so welcoming and really made every minute memorable."
"Lekker Karoodorp met snuffelwinkels en eetplekke en paaie in omgewing om te ry."
"Eerste besoek en voorwaar 'n mooi dorpie en omgewing die berge en die groen wingerde asook die dorpies in die omgewing laat mens net in verwondering oor die Heer wat so mooi en volmaak geskep het was heerlike ondervinding."
"Ons was die 1ste Jan daar en al die wynplase was toe. Dis iets om te onthou vir toeriste."
"Dit bly 'n oulike dorp op die R62-roete en ons sal sekerlik weer teruggaan indien moontlik."