Resensies van Limpopo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2160 resensies.
Shirley O. - 8th August 2018
staying in Ohrigstad, Limpopo
Not many restaurants or stores. But the Echo caves were well worth the visit.
Christo B. - 7th August 2018
staying in Bela-Bela, Limpopo
Bosveld bo!
Ann-mari P. - 7th August 2018
staying in Mokopane, Limpopo
Was verras oor die netjies paaie en ons het die Kammakierie fees baie geniet!
Mariska B. - 6th August 2018
staying in Eduanpark, Limpopo
Veilig, skoon en naby alles.
Denzil R. - 6th August 2018
staying in Mabalingwe Nature Reserve, Limpopo
Pragtige plek, maar minder wild as wat ons verwag het, maar sal enige dag teruggaan.
Stienie L. - 3rd August 2018
staying in Sterpark, Limpopo
Dit is redelik sentraal geleë aan alle winkelsentrums en restaurante.
Christa D. - 1st August 2018
staying in Magoebaskloof, Limpopo
Epic scenery!
Herman S. - 1st August 2018
staying in Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Baie veilige area. Vandat mens by die sekuriteitshek aankom, kry jy net met vriendelike en behulpsame mense te doen.
Stephan C. - 30th July 2018
staying in Bela-Bela, Limpopo
Altyd 'n lekker bestemming, so lank jy nie by Thaba Monate gaan bly nie.
Chris V. - 30th July 2018
staying in Lephalale (Ellisras), Limpopo
Regte boveld dorpie met pragtige natuurskoon.
Samantha G. - 30th July 2018
staying in Bela-Bela, Limpopo
Love a getaway to Bela Bela esp on the more private and quiet game farms.
Amina S. - 30th July 2018
staying in Bela-Bela, Limpopo
Daar is nie 'n Nando's nie en ook nie a swembad nie, behalwe Warmbaths nie. Nie almal wil by Warmbaths swem nie.
Elané V. - 29th July 2018
staying in Vaalwater, Limpopo
Heerlike, rustige plek in 'n fantastiese bosveld omgewing.
Wanda J. - 26th July 2018
staying in Tzaneen, Limpopo
Tzaneen is 'n mooi dorp, net baie deurmekaar vir iemand wat onbekend is met die omgewing.
Michaela M. - 25th July 2018
staying in Hoedspruit, Limpopo
Lekker dorp met lekker eetplekke en baie goed naby om te doen en sien!
Suzelle B. - 24th July 2018
staying in Bela-Bela, Limpopo
Wimpy het uitstekende diens.
Martha S. - 24th July 2018
staying in Hoedspruit, Limpopo
They need to have fishing shops where one can buy fishing stuff or make them visible if they have them and a butchery that sells wild meat.
Antoinette G. - 23rd July 2018
staying in Eduanpark, Limpopo
Stil en rustige omgewing!
Lindi M. - 23rd July 2018
staying in Bela-Bela, Limpopo
It would be lovely to have air conditioning in the lounge area. It is very cold in winter, especially in the evening. I understand you can’t have gas heater due to thatch roof, but an air con would do.
Michael M. - 23rd July 2018
staying in Bela-Bela, Limpopo
A safe environment to travel.
Jamien F. - 23rd July 2018
staying in Naboomspruit, Limpopo
Naboomspruit is eintlik net vir mense wat wil jag en ek dink maar so omdat ek nie 'n jagter of kampeerder is nie, asook dat ek 'n weduwee is. Dus dink ek my opinie is subjektief.
Hedley P. - 21st July 2018
staying in Bela-Bela, Limpopo
Verkeer chaoties, taxi's steur hulle aan niks. Sommige areas is vuil en verwaarloos.
Letetia W. - 21st July 2018
staying in Tzaneen, Limpopo
Dalk meer verskeidenheid eetplekke
Johan O. - 20th July 2018
staying in Tzaneen, Limpopo
Tzaneen is 'n pragtige dorp, maar dit is 'n vuil dorp. Slaggate en 'n damingang waar daar 'n skeuriteitswag met 'n handgeskrewe bord vol van spelfoute toegangbeheer toepas. Die Leeupark kan ek beslis aanbeveel. Ben Vorster Hoërskool is puik.
Ansie B. - 20th July 2018
staying in Tzaneen, Limpopo
Mooi plekkie.
Corien B. - 17th July 2018
staying in Tzaneen, Limpopo
Tzaneen vind ons nie as 'n toerisme aantrekkingskrag nie.
Debbie D. - 17th July 2018
staying in Thabazimbi, Limpopo
Ons sal weer Thabazimbi besoek.
Cecile F. - 17th July 2018
staying in George's Vallei, Limpopo
Die natuurskoon is pragtig daar.
Jeanine S. - 17th July 2018
staying in Magoebaskloof, Limpopo
Meeste paaie is grondpad en na die reën is dit moeilik vir lae profiel motors om by alles uit te kom.
Andre D. - 16th July 2018
staying in Polokwane, Limpopo
Ek sal nie sommer uit my pad uit gaan om al die pad na Polokwane te ry vir wat daar is om te sien nie. Sekerlik die slegste is die tolpad met mense wat sommer links verby voor die tolhekke indruk. Limpopo mense het die slegste padmaniere in die hele SA! Dit alleen sit my totaal af om ooit weer soontoe te ry!
Louis B. - 13th July 2018
staying in Balule Natuurreservaat, Limpopo
Die toegangsfooi het verander sonder vooraf kennisgewing en die dame by die hek was uiters onvriendelik en duidelik nie lus vir haar werk nie.
Madelein N. - 10th July 2018
staying in Bela-Bela, Limpopo
Great.
Sunette R. - 10th July 2018
staying in Hoedspruit, Limpopo
Ons hou baie van die dorpie!
Elizea V. - 9th July 2018
staying in Polokwane, Limpopo
Ons het nie regtig tyd gehad om Polokwane te verken nie.
Michael S. - 9th July 2018
staying in Rooiberg, Limpopo
Rooiberg is 'n klein, rustige, skoon dorpie.
Elmarie R. - 9th July 2018
staying in Lephalale (Ellisras), Limpopo
Glo hulle Bosveldfees is 'n groot gebeurtenis en beslis 'n fees om by te woon. Pragtige natuurlewe.
Mohau S. - 9th July 2018
staying in Modimolle, Limpopo
Great place to have a peace of mind.
Karla V. - 9th July 2018
staying in George's Vallei, Limpopo
Baie lekker plekke en restaurante om te gaan besoek in die omgewing. Zwakala Brewery is uitstekend. Pot 'n Plow is 'n baie gesellige plekkie. Mountain Cafe is uitstekend!
Hein V. - 9th July 2018
staying in Mookgopong, Limpopo
Bokkieweek was 'n fees, die omgewing pragtig met die massiewe doringbome en die bosveld-atmosfeer is die perfekte kombinasie vir enige reisiger. Die toegang tot wildsplase en warmwaterbronne maak dit die lekkerste plek om 'n week weg te breek en van alles te vergeet.
Adina D. - 9th July 2018
staying in Magoebaskloof, Limpopo
Pragtige deel van die land. Het lekker gekuier by 'n plaaslike restaurant.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za