Geverifieerde Resensie
Modimolle
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Modimolle bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 189 resensies.
"Ons het by Nylsvley natuurreservaat gaan voëls kyk. Die vleilande is vol water en dit lyk fantasties. Ons het 'n oorvloed watervoëls gesien."
"Die dorp is in 'n baie slegte toestand en vervalle. Daar is 'n winkelsentrum, Modimolle Mall, maar neem eerder alle kruideniersware saam. Dit is onveilig om daarheen te gaan."
"Die dorp het die basiese wat jy mag nodig kry, maar jy gaan nie soontoe om in die dorp uit te hang nie."
"As jy net wil oornag en die opvoedkundige sessie bywoon kan ek dit aanbeveel. Verder kan jy net braai en swem. Daar is geen verdere aktiwiteite om te doen nie."
"Hou van die plekkie. Hier grootgeword. Naby vir benodighede as jy moet ry."
"Ek het dit nog altyd 'n area van geleenthede gevind. Dit is vir seker die juweel in die gebied en bied verskeidenheid."
"It has a lot of entertainment around and it's so convenient for getting to everyone of them."
"Klein, stillerig, jy sal wel alles in die hande kan kry (koop). Voëlryk en mooi bosveld."