Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6049 reviews.
"Die park is reg teen die Kruger heining geleë en die Krokodilrivier met sy seekoeie en krokodille kan vandaar af gesien word. Die ingang na die Krugerpark deur die Krokodilrivierhek is ook net om die draai en ideaal om vanaf die suidekant die Kruger te besigtig. Maak net seker dat genoeg muskietafweermiddels ingepak word want die muskiete is nogals lastig na sonsondergang. "
"Ons eerste besoek aan Hectorspruit. Mooi natuurlike omgewing met baie landbou-aktiwiteite."
"Die dorp is baie kleiner as waaraan ons gewoond is. Die nodige kruideniersware en brandstof is te kry. Meer as dit het 'n mens nie regtig in die bosveld nodig nie."
"Geen probleem gehad om inkopies te doen nie. Daar is winkelsentrums om van te kies en te keur."
"Lekker omgewing met baie wild. Was lekker om met die fietse te kon ry. Daar kan wel bietjie aandag aan die grondpaaie gegee word. Ek sal weer gaan."
"Die grasgroen grasvlaktes van die omgewing is vir 'n Vrystater 'n lus vir die oog!"
Kruger National Park South, Mpumalanga
Crocodile Bridge Safari Lodge"Ek glo dit is 'n natuurliefhebber se paradys."
"Ek is gaande oor Marloth Park. Die rustigheid weg van die stadsgejaag is kos vir my siel. "
"Uitmuntende ervarings opgedoen - baie aktiwiteite om te doen en plekkies om te besoek."
"Naby genoeg aan Gauteng en ver genoeg om te voel jy kom weg van die stad se gejaag."
"Wat 'n wonderlike plek vir 'n langnaweek-wegbreek, goeie kos, koue bier, heerlike atmosfeer."
"Huisies is mooi onderhou en nie op mekaar nie. Die Krokodilrivier loop al langs die park en mense kan vir kms loop of ry en altyd iets by die water sien. Mense is vriendelik en vertel graag wat hulle gesien het en waar."