Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6237 reviews.
"Dullstroom is interessant en was lekker om tussen al die winkeltjies rond te loop. Eetplekke is ook heerlik."
"As jy 'n rustige wegbreek soek, is Chrissiesmeer die regte plek. Ons het eers die oggend van ons vertrek uitgevind dat daar 'n gedenkteken is ivm die vryheidsoorloë. McClouds behoort 'n pamflet saam te stel hiervan."
"Soos al die klein plattelandse plekke is die dorp maar 'n bietjie vuil. Ek moet sê daar is 'n lieflike SPAR indien jy iets by die huis vergeet het."
"Baie oulike dorpie. Die mense was almal vriendelik en ons het heerlik koffie by verskeie eetplekkies geniet."
"Mooie uitvalsbasis voor, met name, bezoek aan het Krügerpark, ook voor langdurig verblijf. Zijn voldoende winkels voor dagelijkse behoefte en ook restaurants voor een avondje uit. Wat ons betreft, stak het Jabula restaurant er boven uit. Een min-puntje: sommige "wegen" in het park zijn van een slechte kwaliteit. Een weandeling langs het hek bij de Crocodile River moet zeker worden gedaan met een stop bij het Ämazing River View restaurant."
"Ek kan nie veel sê oor besienswaardighede nie, dis lekker sentraal en mens kan uitry na ander plekke. "
"Dullstroom is oulik en snaaks om oor te bly vir 'n dag of twee. Maar dis 'n plekkie waardeur mens ry omdat jy op pad is na iewers beter. Die uiteet opsies in Dullstroom is wel enige foodie se droom, en behoort deeglik verken te word. Gaan besoek beslis op 'n leë maag. Die Mastercard gaan seerkry, maar magtag, 'n mens leef net een maal. Eet is lekker, baie eet is baie lekker."
"Die tuisnywerheid in Marloth Park het die lekkerste koeksisters en die eienaar is baie vriendelik. Gerrie by Fine and Country is ook baie vriendelik en 'n groot bron van inligting oor die area sowel as eiendom beskikbaar in Marloth Park. "
"The antelope and birdlife is abundant and at night we could even hear the lions roar from across the river in the Kruger Park. The two little shopping centres in the main road also have pretty much everything one needs."