Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6237 reviews.
"Ek slaap net oor in Ermelo weens besigheid. Daar is gewoonlik nie tyd vir rondloop nie."
"Marloth Park se mense is baie vriendelik en ons sal enige tyd weer by Marloth Park uitspan."
"Op die oomblik is dit maar baie droog in Marloth Park, maar dit bly nog 'n baie lekker plek om te gaan uitrus en kuier. "
"Graskop was the perfect destination as it was central to everything, e.g. Mac Mac falls, Mac Mac pools, God's window etc. "
"Wat 'n heerlike, pragtige klein dorpie. Dit is ook honde-vriendelik. Love dit! Baie om te doen en te sien in en om die omliggende omgewing. "
"Dullstroom is 'n besonderse rustige plekkie in Mpumalanga wat die toeris so baie bied om te geniet. Daar is 'n verskeidenheid restaurante en winkels wat iets van alles onder die son aanbied. Handgemaakte sjokolade, heerlike koffiebone, die lekkerste biltong en natuurlik 'n dorpie met 'n hotel uit die boonste rakke. Al die personeel is vriendelik en behulpsaam met heerlike koel weer en forel-teëlplase."
"Die paaie is op plekke amper onbegaanbaar. Marloth Park moet aandag hieraan gee."
"Oulike dorpie en lekker uiteet-restaurante. Ongelukkig bitter min kunsvlytwinkels wat tipiese eie aan Dullstroom geskentjies verkoop. Alles African so dis baie vir die toeristemark. Nie baie vir ons plaaslike mense soos bv. Clarens nie."
"Puik toeristebestemming. Rustig en kan lekker uitrus. Die mak diere wat vry loop skep ongelooflike atmosfeer. Genoeg winkeltjies in Marloth Park om al die nodigste goedjies te koop."
"Verblyf streng gesproke nie in Hazyview nie, maar tussen Witrivier en Hazyview. Afstand van Hazyview juis voordeel van verblyf aangesien Hazyview ontwikkel in 'n besige metropool met sekuriteitsrisiko's en afstand rustigheid en sekuriteit bring. "
"Marloth Park is 'n lekker rustige park waar jy kan rondry en diere besigtig. Al wat ons kan voorstel: die winkels is te duur, en goedkoper produkte sal dit die moeite werd maak as 'n gesin inkopies wil doen. Verder is almal baie vriendelik en daar is van alles beskikbaar, net te duur. "
"Ek is bly ek het dit ondervind, maar daar is baie ander plekke by Lekkeslaap waarby ek wil uitkom. "
"Wel, indien die gemeenskap en omgewing nie baie dringend hierdie ernstige probleme gaan aanspreek nie, gaan minder en minder toeriste Sabie besoek. Ek is baie seker dat daar wel ander toeriste-akkommodasiegeriewe is wat met dieselfde probleem sit."
"Dis hartseer dat dit tans so droog is oral, maar hopelik sal ons gou reën kry. Marloth is aangenaam en lekker om net te ontspan."
"Winkels en van die koffiewinkels wat 5 uur op 'n Vrydag en Saterdag toemaak maak nie vir my sin nie."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Wokini Guest House & Game Farm"Bly net weg uit die middestad-area."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Panorama Guest Farm"Baie beter vandat die hoofweg klaar is en die paaie opgradeer is vandat ek 5 jaar laas daar was. "
"Machadodorp het ongelooflike potensiaal. Die huise en kerke is baie mooi, maar die stand van paaie en skoonheid is die dorp se ondergang. "
"Net die ontsettende droogte - maar daaraan kan ons as mense niks doen nie!"