Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6133 reviews.
"Goed geleë. Naby baie besienswaardighede. Selfs naby genoeg vir 'n daguitstappie na die Wildtuin."
"Hazyview is 'n ongelooflike toeriste omgewing. Die restaurant is uitstekend en die omgewing is baie mooi."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Matumi Golf Lodge"Dis my eerste keer in Nelspruit, en was stomgeslaan oor hoe mooi die plek is. So mooi groen, skoon en vriendelike diens en mense. Sien vreeslik baie uit om einde van die jaar Nelspruit toe te verhuis. "
"Graskop is the place to stay in order to view the tourist places in Mpumalanga. It is the center and heart of Mpumalanga tourist resort areas."
"Goeie vakansiebestemming veral in Desember. Die weer is matig en die natuur is pragtig."
"Graskop is 'n toeriste aantreklikheidsdorpie. Verskaf die nodige. Natuurlik 'n besoek aan Harries Pancake is sekerlik 'n moet. Straatverkopers is 'n bietjie oorbodig, maar is nie plaend nie."
"Graskop is 'n lekker plek om weg te kom uit die stadsgewoel en die dorpie het baie besienswaardighede. "
Kruger National Park South, Mpumalanga
Buckler’s Africa Lodge"Omdat ons op die rivier geleë is het ons het baie diere vanaf Buckler's Africa besigtig en het nie eens gevoel om die Krugerwildtuin te besoek nie."
"The tourist information and booking centre were really helpful and we had a wonderful fun packed holiday."
"Witrivier is nie jou New York nie. Witrivier bied 'n eenvoudige keurige winkels om by te loop. Die area is skoon, veiligheid is maar bedreig so waak net teen dit. As jy jou malls en movies soek, ry die 30km na Nelspruit. Ontspan - jy is in Witrivier!"
"Fantastiese ligging met vriendelike gesigte, lekker kos en asemrowende natuur binne 'n uur of 2 se ry."
"Dullstroom is net 25 km weg maar dis 'n grondpad so wees maar versigtig. Ons het gereeld daar gaan eet."
"We will be back in the area in a few weeks time, the area seems to be a hidden gem."
"Graskop self is 'n dorpie naby aan ons harte veral vir die asemrowende natuurskoon rondom die dorpie. Dit was vir ons opmerklik dat jy GEEN bedelaars in en om Graskop aangetref het nie wat al klaar vir ons 'n GROOT pluspunt was - elke ou werk vir sy inkomste al is die bydrae baie klein. Ons het Harry's se pannekoeke daagliks geniet, ons het Abe se gasvryheid by die Glass House baie waardeer en die kos voorwaar uit die boonste rakke. Die big swing is vir ons ook n groot aantrekkingskrag en ons gaan jaarliks terug net om te kyk hoe die manhaftiges spring. Die dorpie is besonders skoon vir al in aggenome met al die toeriste wat daar daagliks deur beweeg. Ons waardeer die verkoopspunte wat gebou is by die verskeie toeriste aantrekkingspunte dit kom baie netjies voor en is 'n lus vir die oog. Ons hoop dat die toeristeraad ook so iets sal doen by Pelgrimsrus wat op die oomblik 'n seer oog is maar kultuur is wat naby aan elke Suid-Afrikaner se hart lê! Die kos in die Royal Hotel is nogsteeds van uitstaande gehalte en ondanks die plakkershutte wat as verkooppunte staan het ons Pelgrimsrus op 'n manier geniet net jammer vir die onooglike stalletjies! THABA TSWENI LODGE sal ons enige dag aanbeveel en onsself sal ook in die toekoms van die Lodge gebruik maak. Graskop sien ons beslis weer in die nabye toekoms!"