Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6237 reviews.
"Besondere dorp, maar paaie in 'n haglike toestand soos elders in die land."
"Hoewel dit bitter droog is op die oomblik, is dit altyd lekker om te kan gaan stap en die diere wat kom kuier is heerlik. Dis die eerste keer wat my man dit beleef en hy wil weer terggaan. Dis baie rustig en privaat en mens rus baie lekker."
"Baie dinge in die omgewing om te sien en doen. Watervalle, oudhede, Sabie Brewing Company, en nog vele meer."
"Marlothpark is ons jaarlikse vakansieplek. Mooi park met baie diere en lekker swempark vir die kinders."
"Ons het al voorheen in Marloth tuisgegaan en nie baie daarvan gehou nie. Hierdie keer het ons dit egter in 'n heel ander lig ervaar en sal beslis weer daar tuisgaan en dit aanbeveel vir ander toeriste."
"Marlothpark is ’n stukkie paradys wat diep in mens se hart kruip. Die mak en volop wild maak dit ’n plek waarheen jy altyd weer sal teruggaan."
"Afgesien van al die straatverkopers wat partykeer jou kan lastig val, bly dit nogsteeds een van die gewildste dorpies om oor 'n naweek te besoek."