Resensies van Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.06 uit 5 gekry volgens 3904 resensies.
Niek C. - 12th April 2017
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Was nie sleg nie, maar ons was so 2 weke na die groot water eers daar gewees.
Stephen Lawrence A. - 11th April 2017
staying in Kakamas, Noord-Kaap
Baie dankie vir die goeie ontvangs!
Liesel O. - 11th April 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Ons het vreeslik lekker geëet het by Tauren Steak Ranch! Die diens was wonderlik, die waiter vreeslik vriendelik en snaaks en die kos was baie lekker.
Les T. - 9th April 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
We specifically visited Sutherland to view the SAAO. The tour guide (at the SAAO) was excellent. The site is a credit to SA.
Chris V. - 8th April 2017
staying in Loxton, Noord-Kaap
Loxton is 'n tipiese slaperige Karoodorpie. Pragtig, in die middel van nêrens.
Chris V. - 8th April 2017
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Indien jy spesifiek belangstel in die geskiedenis van diamante en miskien die slag van Magersfontein, besoek dan die plek, andersins, ry verby.
Karen V. - 7th April 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Pragtige dorpie met mooiste ou geboue.
Sarel S. - 7th April 2017
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Net jammer die totale verval van ons hele land word ook daar bespeur, maar skoner as my eie dorp met mooi geboue en geen bedelaars bespeur.
Louw P. - 6th April 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Die Plattelander restaurant is 'n aanwins vir die dorp.
Willem M. - 6th April 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Dit was die tweede keer dat ek in Colesberg oorgeslaap het. Ongelukkig vertoon my GPS nie die straatname nie. Met my laaste besoek het ek van my selfoon GPS gebruik gemaak, maar by gebrek aan straatnaamborde en huisnommers kan dit nogal 'n gesoek afgee.
Lynnette S. - 6th April 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Aandete in die hotel was uit die boonste rakke, lanklaas so heerlik geëet en die mense was besonder gaaf en vriendelik. Ons besoek aan die SALT en die nagbesoek aan die teleskope om na die hemelruim en sterre te kyk was 'n besonder aangename ondervinding en dit is werklik iets wat elke mens behoort te doen en sien.
Rosa V. - 6th April 2017
staying in Loxton, Noord-Kaap
Stil en baie rustig!
Alish R. - 6th April 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Baie stil en klein dorpie. Pragtige groot ou kerk. Die mense is baie vriendelik. As ek meer energie en tyd gehad het sou ek graag verder deur die dorpie wou ry.
Andre O. - 4th April 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Mens rus daar. Doen oom Jurg se sterrekyk, asook die groot SALT teleskoop. Daar is baie oulike eetplekke. Dink nie dis 'n plek vir kinders nie.
Fred C. - 4th April 2017
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Soos meeste dorpe het Kimberley bietjie agteruitgegaan en toerisme miskien nie so hoog op die lys van hulle prioriteite nie.
Fred C. - 4th April 2017
staying in Britstown, Noord-Kaap
Die standaarde op die dorp is ok. Britstown is n lekker 'stopover' op pad Weskus toe.
Fred C. - 4th April 2017
staying in Carnarvon, Noord-Kaap
Carnarvon is een van die mooiste Karoo-dorpies.
Fred C. - 4th April 2017
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Netjiese dorp en alhoewel hulle deur n moeilike tyd gaan met watertekorte, maak die dorpenaars seker dat toeriste n goeie ondervinding het. Sal beslis weer n draai maak in Calvinia.
Fred C. - 4th April 2017
staying in Loxton, Noord-Kaap
Pragtige stil Karoo-dorp.
Gerrit V. - 3rd April 2017
staying in Kakamas, Noord-Kaap
Pragtig groen! Baie netjies. Ons kon sien daar word gewerk op Kakamas!
Mark B. - 31st March 2017
staying in Britstown, Noord-Kaap
Good half way stop over from Cape Town to Johannesburg.
Jurie L. - 28th March 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Wonderlike natuurskoon
Elze-mari S. - 27th March 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Definitief die moeite werd om te besoek, SALT-teleskoop, Jurg se Stargazing, stap in die veld en bietjie verveeld wees, so lekker.
Mary L. - 27th March 2017
staying in Blydeville, Noord-Kaap
Goeie ligging.
Paul L. - 26th March 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Mooi plekkie, is daar gebore!
Johannes Jacob L. - 26th March 2017
staying in Carnarvon, Noord-Kaap
Als was perfek.
Amelia L. - 26th March 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Ek ry nie deur Colesberg nie, ek moet net oorslaap en al die restaurante probeer!
Pauline P. - 24th March 2017
staying in Noord-Kaap
Die mense in die Noord-Kaap is die vriendelikste in ons land! Dit was 'n belewenis om die Kalahari so pragtig te sien na die goeie reen!
Koos S. - 23rd March 2017
staying in Richmond, Noord-Kaap
Sou graag wou sien dat die dorp gerestoureer sou word, dis eintlik baie mooi.
Gerrit Johannes C. - 23rd March 2017
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Vir in die park rondry is 'n bakkie of 4x4 meer geskik.
Michael S. - 23rd March 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Lovely small town charm.
Van Dyk C. - 23rd March 2017
staying in Williston, Noord-Kaap
Dorpie lyk sommer of daar vooruitgang is, en ek was aangenaam verras.
Nelleke M. - 22nd March 2017
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Gerieflike oorslaapplek op pad.
Hansie H. - 22nd March 2017
staying in Prieska, Noord-Kaap
Normale plattelandse dorp.
Olivia F. - 22nd March 2017
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Lovely place to visit with interesting tourist value.
Greg V. - 20th March 2017
staying in Van Zylsrus, Noord-Kaap
The creative décor and artwork are fantastic.
Janine D. - 19th March 2017
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Ons het eintlik net vir die watervalle gekom, maar sommer die pienk padstal ook ontdek, asook die kokerbome van nader leer ken. Augrabies se mense is vriendelik en behulpsaam.
Wynand V. - 16th March 2017
staying in Kakamas, Noord-Kaap
Was baie beïndruk toe ons na ses jaar weer Kakamas besoek het en in die tussentyd 'n KFC en OK opgerig het. Besoek gerus OK, dis 'n netjiese winkel om inkopies te doen.
Joseph M. - 16th March 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Fun town
Christelle V. - 14th March 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Veilge en mooi baie skoon dorpie. Sal verseker weer daar oornag op pad Kaapstad toe.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za