Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7926 resensies.
"Dit is 'n baie klein plekkie, daar's nie groot winkels nie, ook nie petrol nie. Gooi vir die laaste keer in voordat jy afdraai na Hondeklipbaai. Ons Camini het daar begin, en wat 'n belewenis. Dis lewensveranderend. Die Dop en Kreef Restaurant is so eie aan die plek met die lekkerste viskos. Baie dankie!"
"Baie stil buite die seisoen. Het definitief onder Covid-19 deurgeloop. Restaurant het toegemaak en nuwes probeer die mas opkom."
"Pragtige dorpie wat onverwags diep in jou hart sal kruip. Ons gaan vir seker weer terug. Een aand was nie lank genoeg nie."
"Wow, meer as wat ek verwag het. Dis een ongerepte, ongelooflike, lieflike plekkie wat ek sommer my tuiste wil maak."
"Soos so baie van die munisipaliteite in Suid-Afrika is dit hartseer om die verval in die rustige dorpie waar te neem. Daar is absoluut geen onderhoud op die paaie nie en moet mens ekstra versigtig ry."
"As eerste keer besoeker aan Augrabies was dit n absolute belewenis. Die absolute krag van hierdie massas water in vloed laat jou as mens nederig in bewondering van die brutale krag van die natuur."
"Ek was 2 weke daar vir werk en het 'n stuk van my hart daar gelos, en gaan beslis nog baie soontoe gaan in die toekoms. Die Country Club en die mense in Kathu is tops."
"Dink hulle kan beter doen vir toeriste. Moet bietjie gaan kers opsteek by ander provinsies se gastehuise."
"'n Moet besoek. Gaan eet by die Rooi Spinnekop restaurant. Andre die eienaar is baie vriendelik en sy kos is fantasties."
"There had been a lot of rain, so the falls were flowing beautifully. The trail to see wildlife was also very wet, so we didn't venture too far with our vehicle. The restaurant made great food and the staff were very friendly. Food prices were reasonable."
"Pragtige skoon dorp en daar was reeds vroegoggend op 'n vakansiedag mense besig om rommel in die strate op te tel. Hoop dis nie net omdat die dorp 'n mededinger is vir KykNet se "dorp van die jaar" nie!"
"Mooiste natuur en vriendelikste mense. Soveel te sien, veral as jy hou van die mooiste klippe, rotse en plantegroei."