Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7939 reviews.
"Onseker of dit regtig 'n toeristebestemming is - eerder 'n ideale "halfwegstasie" tussen Johannesburg/Pretoria en Kaapstad om die groot afstand mooi eweredig oor twee dae te versprei. Maar dit is tog eintlik 'n mooi plattelandse dorpie met 'n unieke ligging in die Bo-Karoo."
"Ken die area en verblyfplekke nie juis goed nie. Slaap net altyd by Kambroo oor vir die ligging en afstand tussen begin en eindpunt."
"Dit is die moeite werd om die museum te besoek en ek het reeds gedurende die vorige besoek die park besoek."
"Was heerlik om rustig buite te kon sit en die sterre te bekyk en die naggeluide te kon hoor. Upington is 'n mooi plek en goed gelee op pad na die Augrabiese watervalle om te oornag."
"Dalk 'n opsie as oornagbestemming op pad Botswana toe of om te jag in die omgewing."
"Besoekers aan Hondeklipbaai onthou om genoeg kontant saam te neem en alles wat jy nodig het vir jou verblyf. Naaste inkopieplek is Springbok. Daar is privaat restaurantjies om lekker te eet. Wees gereed om baie grondpaaie te ry. Meeste van die paaie is in 'n goeie toestand."
"Kan ongelukkig nie veel van Colesberg sê nie, want ek het laat ingekom en weer vroeg vertrek."
"Vriendelike personeel wat mens tuis laat voel. Baie dankie aan almal."
"Ons het Kakamas baie geniet. Daar is baie om te sien en te doen in die omgewing."