Resensies van Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.05 uit 5 gekry volgens 4850 resensies.
Roel S. - 16th October 2017
staying in Nieuwoudtville, Noord-Kaap
Baie mooi omgewing, daar was vanjaar geen blomme nie gegewe die droogte, maar die omliggende berge is pragtig en daar is heelwat besienswaardighede.
Marinda V. - 16th October 2017
staying in Douglas, Noord-Kaap
Heel aangenaam.
Marinda V. - 16th October 2017
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Baie gerieflik.
Elizabeth K. - 15th October 2017
staying in Keimoes, Noord-Kaap
Op die R359 (mooi grondpad) het ons besoek afgelê by Koms kokerboomkwekery wat 'n baie interessante ervaring was. Ons het op daardie pad besonder baie kokerbome gesien en pragtige natuurskoon.
Gert B. - 15th October 2017
staying in Carnarvon, Noord-Kaap
Interesting!
Henk B. - 14th October 2017
staying in McDougallsbaai, Noord-Kaap
Mc Dougallsbaai het bietjie teleurgestel. Veiligheid/diefstal is 'n probleem. Baie huisies in haglike toestand, gee nie 'n goeie indruk nie. Baie glas skerwe op die strand.
Sd V. - 14th October 2017
staying in Nieuwoudtville, Noord-Kaap
'n Plaas ryk aan geskiedenis.
Dorianne P. - 13th October 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Die ideale, skoon, stil, Afrikaanse dorpie om 'n reis van die Kaap na Gauteng met gemak te halveer.
Venessa O. - 13th October 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Ek sal dit nie as `n vakansiebestemming aanbeveel nie, maar dit is heerlik vir `n dag of twee, met klein Restaurantjies wat laat oop is en heerlike kos bedien, geleë tussen mooi bergkoppe en baie verblyf om van te kies. Dis ideaal vir `n oornag as jy op pad is Kaap toe, of van die Kaap af "Transvaal" toe.
Tracey S. - 12th October 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
The one saving grace is that we had dinner at a wonderful little restaurant called Inni Kraal. What an amazing place, the food was very good and good value for money. The owners were lovely to. This restaurant is highly recommended.
Hermelien L. - 12th October 2017
staying in Hondeklipbaai, Noord-Kaap
My nuwe gunsteling vakansie bestemming!
Marno V. - 11th October 2017
staying in Upington, Noord-Kaap
Uitstekende dorp!
Malanie O. - 11th October 2017
staying in Hondeklipbaai, Noord-Kaap
Baie mooi. Baie om te sien. Onthou net om warm klere saam te neem. Weer is 'n bietjie onvoorspelbaar.
Deon M. - 11th October 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
We never really spent time in the town - only stopped over for one night. The accommodation was very good.
Allan S. - 10th October 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
My eerste keer in die Springbok en wat ek ervaar het is dat dis 'n baie mooi plek is en die mense is ongelooflik vriendelik.
Marietjie T. - 10th October 2017
staying in Victoria-Wes, Noord-Kaap
Op 'n Sondagmiddag is alles toe, tot die Spar. Pragtige ou geboue in hoofstraat.
Annelie W. - 10th October 2017
staying in Vanderkloof, Noord-Kaap
Dis pragtig daar en veral 'n heerlike bestemming vir watersportliefhebbers!
Lindsay N. - 10th October 2017
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Die paaie is in 'n swak toestand.
Lynette E. - 10th October 2017
staying in Victoria-Wes, Noord-Kaap
Ons was ook by die museum en was verstom oor hoe skoon die dorp is. Die winkels maak wel vroeg toe en daar is net 'n algemene koerantjie, ander koerante is nie beskikbaar nie. Agv die afstande is dit te verstane.
Ampie G. - 10th October 2017
staying in Hanover, Noord-Kaap
Hanover is presies halfpad tussen Johannesburg en Kaapstad. Die ideale plek om oor te slaap as jy die rit in twee dae wil doen. Daar is heelwat bekostigbare oorslaap opsies. Regte plattelandse Karoodorp.
Willem P. - 9th October 2017
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Die Groot Gat is 'n moet! As jy hoegenaamd naby Kimberley verbyry of oorslaap, doen die moeite.
Johannes P. - 9th October 2017
staying in Vanderkloof, Noord-Kaap
Het net daar oornag, maar glo dit is ideaal vir bootry en visvang.
Johannes P. - 9th October 2017
staying in Hondeklipbaai, Noord-Kaap
Nie veel om te doen nie, maar kan dit as 'n basis gebruik om omgewing te verken.
Johannes P. - 9th October 2017
staying in Douglas, Noord-Kaap
Dit is jammer dat die samevloei van die Oranje - en Vaalrivier nie omskep word in 'n toeriste aantreklikheid nie.
Petro R. - 9th October 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Die Spar op Springbok is 'n stop wat jy nie kan mis nie. Hierdie winkel het 'n baie hoë standaard. Die wegneemetes is van uitstaande gehalte en dan maak hul nog pizzas in 'n pizza-oond. Die roomys wat daar te koop is, gaan jy nêrens anders in Suid-Afrika kry nie.
Petro R. - 9th October 2017
staying in Pofadder, Noord-Kaap
Baie dankie aan ons gasvrou wat die etes by die Pofadder Hotel aanbeveel het. Die kos en atmosfeer by die restaurant is uit die boonste rakke. Ons was baie dankbaar om op 'n Sondagmiddag 16:00 sulke kos en diens te kon beleef. Ons het met ons terugreis spesiaal weer daar gestop vir ontbyt. 'n Klein plattelandse dorpie wat 'n stop werd is.
Elna H. - 9th October 2017
staying in Askham, Noord-Kaap
Dorpie is aan die uitbrei met inligtingskantoor oor besoekpunte terwyl jy heerlik onder boom kan sit met heerlike koppie koffie en wortelkoek en net die rustigheid en gasvryheid kan geniet!
L'lize J. - 9th October 2017
staying in Williston, Noord-Kaap
Dit is 'n pragtige dorpie met baie mooi argitektuur. Dit is veral ideaal vir oornag en die Williston Mall en restaurant was puik. Die gasvryheid was 'n heerlike kuier werd!
Jasper V. - 9th October 2017
staying in Noord-Kaap
Ek is gebore in Kakamas en daar groot geword. Alhoewel ek baie jare weg is en nie so gereeld die omgewing besoek as wat ek sou wou nie, bly dit vir my een van die wonderlikste ervarings om die skoonheid van die natuur, die diversiteit wat die rooi duine, rivierlope en die verskeidenheid van die plantegroei, voëls en diere, wat in kontraste met mekaar is, te geniet. Die Kgalagadi is 'n plek waarop jy verlief kan raak en weer en weer terugkeer, gee dit net 'n kans.
Maria H. - 9th October 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Heerlik geëet by Innie Kraal. Kan dit aanbeveel.
Piet V. - 8th October 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Fassinerende omgewing.
Beatrice N. - 7th October 2017
staying in Victoria-Wes, Noord-Kaap
Eetplekke is uiters beperk.
Karin R. - 7th October 2017
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Die Groot gat en die William Humpfrey galery was uitstekend! Ons het dit ongelooflik baie geniet.
Jurgen S. - 6th October 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Lekker naby aan die N1, maar jy hoor nie die verkeer in jou kamer nie.
Marietjie S. - 6th October 2017
staying in Augrabies, Noord-Kaap
Sou graag meer te doen wou hê in die omgewing en meer persone wat riverrafting aanbied. Dat daar nie enige plekke beskikbaar was vir die riverrafting ervaring nie was 'n groot teleurstelling.
David D. - 6th October 2017
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Lekker plek.
Ignatius M. - 5th October 2017
staying in Hartswater, Noord-Kaap
Nice place for fresh air.
Aletta F. - 5th October 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Besige dorpie. net reg geleë as mens tussen Gauteng en die Kaap reis.
Amanda K. - 5th October 2017
staying in Springbok, Noord-Kaap
Dis 'n mooi dorp. Moontlik kan aktiwiteite meer bemark word, ek was nie bewus van vele besienswaardighede of aktiwiteite wat ons met die oog af kon sien nie en ons is altyd op die uitkyk hiervoor.
Maria Isabella V. - 4th October 2017
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Baie gerieflik vir oornag. Halfpad tussen Johannesburg en Mosselbaai!

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za