Verified Reviews
Northern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Northern Cape
Rated 4 out of 5 based on 7926 reviews.
"Die watervalle self is 'n belewenis en wonderlik om van naderby te aanskou. Augrabies self bied nie veel aan nie, maar dis my persoonlike opinie, want ek het dit nog nie verken nie. "
"Books, books and books. Beware - only Diesel 10 is available at the garage (they call it Diesel 50 low sulfur or something like that!)"
"Daar is nie veel om te doen hier nie, en die stadsraad maak die dorp nie skoon nie. Baie swak!"
"Calvinia is regtig 'n pragtige Noord-Kaapse dorp, veral die vleis is heerlik en die mense vriendelik."
"Keimoes is 'n pragtige plek met die Oranjerivier en al die boerdery-bedrywighede wat daar plaasvind. "
"Daar is nie veel vir 'n toeris om te doen nie, maar dit is 'n gerieflike oorslaapdorp as 'n mens op pad is iewers heen."
"Ons het net verbygery en nie die dorp self gesien nie. Die dorp is wel gerieflik geleë as 'n mens langpad ry. Die N12 vanaf Hopetown oor Britstown tot by Drie Susters is regtig baie goed met baie rusplekke wat mooi skoon is, en dis meer gesê as vir die orige 1130 km wat ons nou deur die land gery het."
"Daar is heelwat te sien in die omgewing, veral as jy bereid is om die grondpaaie te ry. Die dorp se paaie is in baie swak toestand. Daar is egter 'n lekker groot Spar en paar eetplekke. Die mense van die omgewing is baie vriendelik en gesels graag."
"Pragtige ouwêreldse huisies in die meeste strate. Baie huis- en gastehuiseienaars besig om te verf en te bou, alles in die outentieke styl van die dorp. Museum met Anglo-Boereoorlog uitstallings en karretjie-mense was interessant. Ons het net een aand gaan uiteet. Effense swakpunt is dat die restaurant naby ons gastehuis se etes redelik vervelig was. Ons kan nie kommentaar op ander restaurante lewer nie."
"Gaan maak vir seker 'n draai daar. Stop, verken en geniet die dorp. Absoluut 'n plesier gewees."
"Rated four stars for travel destination as I do not know the area very well."
"Wat 'n ervaring, veral nou met al die massas water wat daar afkom. Sou graag wou sien dat Augrabies self meer goeie verblyf aanbiedinge doen. Dis 'n moet-sien en -beleef, Augrabies. Dis n moet."
"Onbeskryfbaar gedurende vloedtoestande. Ware lewenservaring wat niemand mag mis nie. Foto, video of woorde kan nie die wonderwerk tot sy ware reg bring nie."