South Point Self Catering and B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Stap af tot by die mees suidelike punt van Afrika, bewonder die pragtige son wat agter 'n gestrande skeepswrak sak, besoek ons historiese vuurtoring. Dit is alles binne loopafstand van South Point af.

South Point is 'n klein, persoonlike, 3-ster-gegradeerde instansie wat uit 6 selfsorg-eenhede bestaan en hoogs aanbeveel word. Ons is binne 100 m van die toegangshekke na die Agulhas Nasionale Park, waar die Indiese en Atlantiese oseane bymekaarkom, geleë. Restaurante, koffiewinkels, die see, getypoele en oeroue vislokvalle is enkele minute se stap weg. Slegs die woonstel op die tweede verdieping het 'n see-uitsig, aangesien die ander woonstelle op die onderste verdieping geleë is.

Die eenhede is volledig ingerig. Daar is alles, van kraakvars, wit katoenlinne en handdoeke tot TV's met sekere DStv-kanale, kluise, verwarmers, waaiers en gratis WiFi. Elke eenheid beskik oor sy eie privaat patio met braaigeriewe om die stil L'Agulhas-aande terdeë te geniet, terwyl jy 'n vleisie op die kole gooi. Jy kan ook by een van ons plaaslike restaurante inloer.

'n Gesondheidsontbyt word bedien op versoek. Die meeste gaste verkies egter die selfsorg-opsie of 'n stewige ontbyt by die plaaslike koffiewinkel wat om 08:45 oopmaak. Ons is trots op ons reputasie vir bekostigbare, baie skoon en gemaklike 3-ster-verblyf.

Geen kinders jonger as 12 jaar word toegelaat nie. Geen troeteldiere word toegelaat nie en rook in die eenhede is verbode. Indien hierdie twee reëls nie nagekom word nie, sal 'n fooi van R1500 gehef word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na South Point Self Catering And B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R990 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za