Hierdie week reis die OPTOG!-kombi noord na Sasolburg, Kroonstad en Welkom, en sterre soos Pietman Geldenhuys en Wicus van der Merwe vermaak ons weer op die verhoog tot ons mae seer gelag is!

Kombi-Nasie tree 14 Mei by die Ettiene Rossouw-teater in Sasolburg in die Vrystaat op en LekkeSlaap het aan Pietman Geldenhuys en sy bekende Skotse alterego, Peter Mitchell, ’n paar vrae gestel voor Pietman en Wicus op hul vermaak-veldtog vertrek.

So, laat ons in die pad val! Vanwaar Pietman en Peter se paaie gekruis het, tot moeilike keuses tussen ’n kortbroek en ’n kilt ─ leer Pietman en Peter ’n bietjie beter ken deur ons handjievol vrae.

LS: Watter Suid-Afrikaanse en Skotse tradisies sou julle sê stem ooreen?
P
ietman: Definitief ’n goeie bredie vir die winter. Ons almal hou daarvan.
Peter: I’d say the love and appreciation of a good Scottish whisky.

LS: Wat is julle gunsteling Suid-Afrikaanse en Skotse tradisie?
Pietman: Om ’n vuur te maak en dan te besluit of hy ’n kosmaakvuur gaan word en of hy net ’n vuur gaan bly.
Peter: Mine is making haggis and trying to convince Pietman to eat it.

LS: Nes die Skotte, “pub crawl” Suid-Afrikaners ook maar. Hoe sou julle sê verskil hierdie tradisie in Suid-Afrika van Skotland s’n?
Pietman: Die Suid-Afrikaners “crawl” gewoonlik na die volgende ou se huis toe.
Peter: Our pubs close at 23:00 so we get a lot more done in a short space of time.

LS: Waar hou julle die graagste vakansie?
Pietman: Op ons plasie in die Tankwa-Karoo, maar ons probeer om een keer ’n jaar ’n nuwe bestemming in Europa te verken.
Peter: I love visiting the North Pole to further my studies in snow.

LS: Peter, would you grace us with your favourite Scottish drinking song?
Peter: Donald where’s your trousers.

LS: Peter, what is the worst job you’ve ever had and why? Pietman, dieselfde vir jou.
Pietman: Ek het deur-tot-deur-verkope gedoen in Londen vir twee maande. Nie gou weer nie.
Peter: Mine was being a barman in a submarine for 5 months.

LS: Pietman, jy het soveel aksente wat jy uitstekend naboots. Wat is jou gunstelingaksent om na te boots?
Pietman: Skots of Cockney en partymaal die Aussies.

Blitsvrae:

LS: Bier, brandewyn, whisky of gin?
Pietman: Whisky
Peter: Whisky and gin

LS: Kilt of kortbroek?
Pietman: Kortbroek
Peter: Short Kilt

Ongelukkig is ons rits langnaweke nou agter die rug, maar niks keer jou om in die bekoorlike noorde van ons land te vertoef nie. Spandeer luilekker dae in Sasolburg, geniet ’n kultuurervaring in Kroonstad of verken Welkom se lowerryke omgewing.

Hierdie week se program

Pietman Geldenhuys en Wicus van der Merwe | 14 Mei | Sasolburg | Bespreek hiér | Bly hiér
Pietman Geldenhuys en Wicus van der Merwe | 15 Mei | Kroonstad | Bespreek hiér | Bly hiér
Pietman Geldenhuys en Wicus van der Merwe | 16 Mei | Welkom | Bespreek hiér | Bly hiér
Elvis Blue | 17 Mei | Pretoria | Bespreek hiér | Bly hiér

Volgende week se program

Pietman Geldenhuys en Wicus van der Merwe | 20 Mei | Pretoria | Bespreek hiér | Bly hiér 
Jo Black | 30 Mei | Oos-Londen | Bespreek hiér | Bly hiér
Jak de Priester | 31 Mei | Malmesbury | Bespreek hiér | Bly hiér
Jo Black | 1 Junie | Port Elizabeth | Bespreek hiér | Bly hiér
Jak de Priester | 1 Junie | Vredendal | Bespreek hiér | Bly hiér

Volgende week gesels ons met die bekende baardman, Jo Black, so hou ons LekkeSlaap-blogblad dop en moenie dit misloop nie!

Hooffoto: Verskaf