
Die 7 beste ontbytplekke in en om Kaapstad
Die Moederstad spog met topklas-restaurante om elke hoek en draai en LekkeSlaap het ’n paar van ons gunsteling-ontbytplekke bymekaargemaak waar jy heerlik sal smul. Om dit nóg beter te maak, het ons ook verblyfopsies naby elke restaurant gekies om jou wegbreek in die Moederstad werklik onvergeetlik te maak. Kleinsky’s, Kaapstad Kleinsky’s is vir hulle egte […]
12 Desember 2023

By hiérdie plekke wil LekkeSlapers die graagste bespreek!
Met meer as 27 000 eiendomme wat op LekkeSlaap.co.za pronk, wemel ons sosialemedia-platforms met spoggerige plekke reg oor die land! Maar daar is elke jaar ’n paar sosialemedia-lieflinge wat lesers se “like”-knoppie harder laat werk. Of dit ’n Weskus-huis of ’n berg-chalet teen Mpumalanga se heuwels is, hierdie besonderse plekkies sal jou oog keer-op-keer vang. […]
6 Desember 2023

Blyplekke vir ’n naweekwegbreek buite Bloemfontein
Ontsnap uit die stadsgedruis en sit voet in die hoek vir ’n naweekwegbreek net buite Bloemfontein se stadsgrense. In hierdie blog is ons op soek na wegbreekplekke wat in die rustige landskappe rondom die “stad van rose” geleë is. Of jy nou na ’n knus kothuis in die dorp, ’n ongekunstelde gasteplaas-ervaring, ’n gesinsvriendelike oord […]
30 November 2023

Someraktiwiteite in die Wes-Kaap
Die Wes-Kaap spog met lewendige landskappe, ’n ikoniese kuslyn en verkwikkende somerervarings. Soos die son die lug met sy goue warmte inkleur, word die Wes-Kaap ’n toevlugsoord vir diegene wat op soek is na ’n mengsel van natuurskoon en ontspanningsaktiwiteite vir die hele gesin. Van die goue strande van Kaapstad tot die welige wynlande van […]
22 November 2023

Prettige aktiwiteite aan Natal se Suidkus
Soos Desember naderkom, beloof KwaZulu-Natal se Suidkus pret, avontuur en asemrowende natuurskoon. Met pragtige strande, die warm Indiese Oseaan en ’n rits opwindende aktiwiteite, is hierdie kusparadys ’n droombestemming vir die feesseisoen. LekkeSlaap het dié gids prettige aktiwiteite saamgestel sodat jy die meeste van jou tyd aan die Suidkus kan maak. Of jy nou net […]
15 November 2023

Kuier saam in Clarens — die juweel van die Oos-Vrystaat
Almal ken Clarens — of altans, almal weet van Clarens. Dit is die naaste wat baie van ons aan ’n Europese vakansie sal kom, maar dis beslis nie ’n minderwaardige sakpasweergawe nie! Dié juweel van die Vrystaat is slegs drie ure vanaf Johannesburg en is dus om goeie rede onder die stedelinge bekend, maar ons […]
8 November 2023

8 Wonderlike wegbreke vir jou wittebrood
Dis alweer dáái tyd van die jaar – ja, trouseisoen het aangebreek. Dis amptelik tyd om maanskyn, rose en die liefde te vier en daarom het ons ’n rits verblyfopsies gekies waar dit beslis liefde met die eerste oogopslag sal wees! Of julle nou julle wittebrood in die berge, by die see of in die […]
1 November 2023

Rotsklim: Jou beginners-handleiding tot dié avontuur
Een van Suid-Afrika se gewildste trekpleisters is beslis die ongelooflike natuurskoon en berge. Rotsklim, oftewel mountain rock climbing, is dus ’n perfekte en opwindende aktiwiteit om hierdie natuurbakens te verken! Dit bied ’n unieke perspektief en waardering vir die natuur en daar is by die meeste bestemmings ’n verskeidenheid roetes van verskillende moeilikheidsgrade wat dit […]
25 Oktober 2023








