Is jy van plan om deel van Suid-Afrika se lewendige sport- en musiektoneel te wees? Wel, dan is hierdie nét die blog vir jou! Of jy nou jou gunstelingspan langs die sportveld wil ondersteun of die aand by ’n konsert wil wegdans, LekkeSlaap het die perfekte verblyf naby stadions vir jou gevind wat jou ervaring tot nuwe hoogtes sal verhef! So, loer gerus na hierdie slaapplekke wat gerieflik naby hierdie ikoniese stadions is en sal verseker dat jy altyd naby die aksie is en jou volgende geleentheid onvergeetlik sal maak. Laat die opwinding begin!

Loftus Versfeld

Pretoria, Gauteng

Loftus Versfeld, Pretoria, Gauteng_flowcomm
Foto: flowcomm op Flickr

Loftus Versfeld is een van Suid-Afrika se oudste stadions en het plek vir meer as 50 000 toeskouers. Hierdie stadion bied ook ’n parkeer- en vervoeroplossing en daar is ’n toegewyde aflaai- en oplaaisone vir dié wat van Uber se dienste gebruikmaak. Verder is Loftus Park, ’n winkelsentrum, reg langs Loftus Versfeld en spog dit met ’n verskeidenheid restaurante waar jy ’n heerlike ete of ’n lekker drankie voor jou opwindende uitstappie kan geniet.

Courtyard Hotel Arcadia

Arcadia

Courtyard Hotel Arcadia

Courtyard Hotel Arcadia is nét 500 meter vanaf die stadion en dié hotel bied ’n verskeidenheid ateljeewoonstelle wat elkeen slaapplek vir twee, lugversorging, ’n privaat ingang, badkamer, TV en ’n kombuisie met ’n yskas het. Hiér kan jy selfs in die swembad duik en daar is gratis WiFi, veilige parkeerplek, ’n skemerkelkiekroeg en ’n restaurant op die perseel.

Courtyard Hotel Arcadia

37 On Anderson

Brooklyn

37 On Anderson

37 On Anderson is 1,1 kilometer vanaf Loftus Versfeld en hiér kan jy tussen ’n verskeidenheid B&B-kamers kies en keur wat elk slaapplek vir tussen twee en vier gaste, lugversorging, ’n haardroër en die volle DStv-pakket het. Veilige parkeerplek en gratis WiFi is ook beskikbaar.

37 On Anderson

Brooklyn’s Crown Apartments

Brooklyn

Brooklyn's Crown Apartments

Slegs 1,4 kilometer vanaf die stadion bied Brooklyn’s Crown Apartments verblyf in vier selfsorgkamers wat elk slaapplek vir twee tot drie gaste het. Dié verblyf spog ook met ’n gemeenskaplike swembad, braaiplek, gratis WiFi en veilige parkeerplek. 

Brooklyn's Crown Apartments

FNB-stadion

Johannesburg, Gauteng

FNB-stadion_Andreas Wulff
Foto: Andreas Wulff op Flickr

Met 87 436 sitplekke is die FNB-stadion die grootste venue in Suid-Afrika​. Dié ikoniese stadion se unieke ontwerp word internasionaal bewonder en daar word dikwels na dit as die “Calabash” of “African Pot” verwys. Dit bied ook ’n Park and Ride-diens wat ’n veilige, gemaklike, stiptelike en stresvrye vervoeroplossing vir toeskouers verseker. Daar is ook nuwe navigasiesagteware wat jou verby padsluitings, kaartjiekontrolepunte en na jou parkeerarea kan lei. Kliek hiér om toegang tot hierdie sagteware te kry en volg net die instruksies. Voorafbetaalde parkeerplek is ook beskikbaar. 

B21 Sontonga Lofts

Vrededorp

B21 Sontonga Lofts

B21 Sontonga Lofts is ’n sjiek selfsorgwoonstel vyf kilometer vanaf die FNB-stadion en spog met braaigeriewe, gratis WiFi en veilige parkeerplek. Die stylvolle woonstel het slaapplek vir twee gaste en ’n volledig toegeruste kombuis.

B21 Sontonga Lofts

Twickenham Guest House

Auckland Park

Twickenham Guest House

Twickenham Guest House is ook net vyf kilometer vanaf die stadion en bied gerieflike en knus B&B-verblyf in ’n blomtuin. Jy kan tussen elf kamers met hulle eie en suite-badkamers kies en veilige parkeerplek en gratis WiFi is ook beskikbaar.

Twickenham Guest House

Moses Mabhidastadion

Durban, KwaZulu-Natal

Moses Mabhida Stadium_David O' Regan
Foto: David O’ Regan op Flickr

Moses Mabhidastadion spog met ’n ikoniese triomfboog en is ’n ingenieursprestasie en bepalende landmerk vir Durban. Dié stadion het 85 000 sitplekke met ’n kleurrangskikking wat dit soos die see wat op die strand uitspoel laat lyk. Die vorm van die ikoniese boog is deur die Y-vorm van die Suid-Afrikaanse vlag geïnspireer. Kliek sommer hiér om ’n kaart van die parkeerterrein te sien wat jou lekker tyd op die opwindende dag sal spaar.

Hampton Collection

Windermere

Hampton Collection

Net 1,2 kilometer vanaf die stadion skuil Hampton Collection wat selfsorgverblyf in ’n rits woonstelle met slaapplek vir twee tot vyf gaste bied. Hiér is gratis WiFi, veilige parkeerplek, ’n gemeenskaplike plonspoel, ’n waskamer en braaigeriewe. Elke eenheid het ook sy eie badkamer, ’n TV met Netflix en ’n privaat stoep.

Hampton Collection

Soul House

Morningside

Soul House

Soul House is ook 1,2 kilometer vanaf Moses Mabhidastadion geleë en hiér is selfs jou troeteldiere welkom! Dié verblyf bied twee selfsorgeenhede met slaapplek vir ’n totaal van sewentien gaste, asook Gratis WiFi en veilige parkeerplek. Daar is ook ’n koffie- en branderplankrywinkel, ’n groot dek en ’n privaat tuin met ’n vuurput op die perseel. 

Soul House

Holland House

Morningside

Holland House

Holland House is 1,5 kilometer vanaf die stadion en beskik oor nege gastekamers wat elk lugversorging, ’n TV en ’n haardroër het. Hiér is slaapplek vir twee tot ses gaste per kamer, ’n swembad, braaiplek, gratis WiFi en veilige parkeerplek. Reël dit teen ’n ekstra koste vooraf met die gastehuis en smul aan ’n heerlike ontbyt voor jy die pad stadion toe vat.

Holland House

Nelson Mandelabaaistadion

Gqeberha (Port Elizabeth) , Oos-Kaap

Nelson Mandelabaaistadion_Grober Schnitzer
Foto: Grober Schnitzer op Flickr

Nelson Mandelabaaistadion het sitplek vir 46 000 toeskouers en daar is ’n beperkte aantal parkeerplekke op die perseel beskikbaar, maar daar is nog parkeerplek rondom die stadion en by Laerskool Sydenham wat net 650 meter ver is.

Island Way Villa

Parsons Hill

Island Way Villa

Island Way Villa is ’n moderne gastehuis op die hoogste randjie in Gqeberha (Port Elizabeth) wat slegs een kilometer vanaf Nelson Mandelabaaistadion geleë is. Hierdie gastehuis spog met ’n 180 grade-uitsig oor die see en bied verblyf in vier B&B-eenhede waar elke slaapkamer ’n TV, lugversorging, haardroër, Nespresso-koffiemasjien en ’n skuifdeur het wat na ’n stoep lei. Hiér is ook ’n swembad, Jacuzzi, braaiplek, gratis WiFi en veilige parkeerplek op die perseel.

Island Way Villa

Sunnyside Guesthouse

Parsons Hill

Sunnyside Guesthouse

1,5 Kilometer vanaf die stadion sal jy Sunnyside Guesthouse vind wat selfsorgverblyf in gastekamers tussen twee en vier gaste bied. Elke eenheid het ’n volledig toegeruste kombuisie en dit is selfs troeteldiervriendelik! Daar is ook ’n swembad, braaigeriewe en veilige parkeerplek, en ontbyt en aandete kan op versoek voorsien word.

Sunnyside Guesthouse

Eden Road Guest Suites

Gqeberha (Port Elizabeth)

Eden Road Guest Suites

Eden Road Guest Suites is net 1,8 kilometer vanaf Nelson Mandelabaaistadion en by dié gastehuis is daar vier ruim, luukse suites wat elkeen slaapplek vir twee gaste en ’n en suite-badkamer het. Elke suite het ook die volle DStv-pakket, lugversorging en gratis WiFi. ’n Gemeenskaplike swembad, braaigeriewe en veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar en die gastehuis bedien ’n heerlike Engelse ontbyt teen ’n ekstra koste per persoon. 

Eden Road Guest Suites

DHL-stadion

Groenpunt, Wes-Kaap

DHL-stadion_David Astley
Foto: David Astley op Flickr

Die DHL-stadion is op ’n deel van die 9-putjie Metropolitan Gholfbaan, wat in 1895 gestig is, gebou en het 55 000 sitplekke. Hierdie stadion is tussen Seinheuwel en die Atlantiese Oseaan geleë en is stapafstand vanaf die Victoria & Alfred Waterfront, ’n gewilde toeriste- en winkelsentrum, wat se parkeerterreine die ideale parkeerplek vir toeskouers is. 

Taronga Mansions

Groenpunt

Eden Road Guest Suites

Slegs 500 m vanaf die stadion bied Taronga Mansions selfsorgverblyf in Groenpunt se hoofstraat, naby restaurante en kuierplekke. Dié woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en het ’n ten volle toegeruste kombuis, slim-TV en gratis WiFi. Dit is beslis ’n sakpas-opsie vir ’n klein gesin of twee paartjies!

Taronga Mansions

106 The Legacy

Groenpunt

106 The Legacy

106 The Legacy is ook 500 m vanaf DHL-stadion geleë en bied slaapplek aan twee gaste in ‘n selfsorgwoonstel  met ’n pragtige uitsig oor die stad. Hierdie woonstel het ’n kombuis wat ten volle toegerus is, ’n TV, lugversorging en gratis WiFi. Gaste het ook toegang tot ’n gemeenskaplike swembad en ’n gimnasium.

106 The Legacy

Neighbourgood Hill

Groenpunt

Neighbourgood Hill

Neighbourgood Hill is nét een kilometer vanaf die stadion en is ’n moderne gastehuis met ’n verskeidenheid gastekamers, ’n gesinskamer en ’n tweeslaapkamerselfsorgwoonstel. Die eenhede het slaapplek vir twee tot vier gaste en hiér is ook gratis WiFi, ’n swembad, braaiplek en selfs joga-klasse en ’n koffiewinkel op die perseel. 

Neighbourgood Hill

Moenie die pret misloop nie:

Maak seker jy ly nie aan fomo nie en gaan loer op Big Concerts se webtuiste na die vertonings wat nog voorlê. En kliek hiér om jou kaartjies vir komende sportwedstryde te koop sodat jy deel van die aksie langs die sportveld kan wees!

Natasha Labuschagne_Calabash
Foto: Natasha Labuschagne

Of jy nou jou gunstelingspan wil ondersteun of op daai lekker wysies wil dans — hierdie verblyfopsies sal die ideale plek wees om jou kop ná ’n bedrywige dag of feestelike nag neer te lê! So waarvoor wag jy? Bespreek jou verblyf net ’n hanetreetjie vanaf al die aksie!

Hooffoto: Natasha Labuschagne
Alle ander foto’s:
LekkeSlaap, tensy anders vermeld

Lees ook:

Prettige aktiwiteite aan Natal se Suidkus

Verken die Oos-Kaapse kusroete

Die 7 beste ontbytplekke in en om Kaapstad