Soos gesien op Maroela Media

Wat sou die langpad wees sonder ’n fles boeretroos, ʼn versameling lekker-luister liedjies en, natuurlik, ’n padstal? ʼn Padstal is so eie aan Suid-Afrikaner wees soos ’n braai op ’n Saterdagmiddag, en dis die ideale plek as jy wil benerek en jou padkos aanvul ─ van varsgebakte brood, biltong, gemmerbier en wildspasteie, tot soet bederfies! Suid-Afrika het ’n padstal om elke hoek en draai van die kus tot Kathu, daarom gee LekkeSlaap dié lysie lekker invalplekke regoor die land vir jou volgende langpadvakansie!

 

Thyme and Again

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Clarice Janse van Rensburg (@clarice_zevenbergen) on

Thyme and Again is ’n lieflike stopplek net duskant Plettenbergbaai langs die N2 en dis ideaal vir vakansiegangers op pad kus toe. Reisigers wat hiér stop kan vinnig ietsie vir die pad wat voorlê koop, of ’n bietjie by die koffiewinkel afsaal – daar is selfs ʼn speelarea vir die jongspan! By dié padstal kan ʼn mens jou spensvoorraad behoorlik aanvul met blatjang, atjar, konfyt, marmelade, koek, gebakte brood en selfs pepermentjellie vir daai Kersdag-lamsboud! Probeer gerus hulle pasteie met interessante vulsels soos waterblommetjiebredie.

Kliek hier vir meer inligting oor Thyme and Again en kliek hiér as jy in Plettenbergbaai wil oornag.

 

Travalia

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Megan O’Donnell (@meganjeanod) on

Amper in die middel van nêrens, net duskant die Noord-Kaapgrens naby Drie Susters, sal jy Travalia vind. By dié padstal kan jy jou bene lekker strek en die Karoo se vars lug inasem. Of jy nou op soek is na ingelegde koejawels of appelkose, happies vir die langpad,  ʼn geskenkie vir iemand spesiaal, of smullekker Karoovleis, Travalia stel beslis nie teleur nie. Boonop spog die padstal met ʼn restaurant waar allerlei lekkernye beskikbaar is. Travalia bied ook verblyf aan die moeë reisiger as die pad ’n bietjie té lank raak.

Kliek hiér as jy by Travalia Guest Farm wil oornag.

 

Weskus Spens Padstal

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Weskus Spens Padstal (@weskusspenspadstal) on

Elke padstal het iets wat dit besonders maak, en aan die Weskus is ʼn heilsame varsgebakte brood net so belangrik soos ʼn vars vis oor die kole! Die Weskus Spens Padstal knie al twee dekades lank en die brood word heel gepas as die beste in die weste beskou. Dié spens is ongeveer tien kilometer voor Vredenburg op die R27 en 20 kilometer voor Velddrif geleë. Jy kan gerus hier vir ’n heerlike ontbyt aanklop of jou mandjie met beskuit, konfyt en organiese heuning vollaai. Kinders kan veilig in die tuin en speelarea kerjakker terwyl daar rakke vol lekkernye en geskenke is om deur te snuffel. As jy aan iets sout wil peusel, kan jy gerus bokkoms aanskaf!

Kliek hier vir meer inligting oor die Weskus Spens Padstal en kliek hiér as jy aan die Weskus wil oornag.

 

Nanaga

 

View this post on Instagram

 

A post shared by The Accountant InTheKitchen (@accountantinthekitchen) on

Enige persoon wat al ooit die Oos-Kaap besoek het sal onmiddellik vir jou kan sê dat jy definitief by Nanaga Padstal ’n draai moet maak. Nes meeste padstalle het Nanaga ’n restaurant waar jy ontbyt, middagete en ligte maaltye kan nuttig. Daar is ook konfyt, soetgoedjies, beskuit, biltong en geskenkies te koop, maar dis die pasteie en roosterkoek wat reisigers keer op keer terug lok. ’n Roosterkoek kan net so gekoop word en by die huis gevul word of jy kan die deeg koop en die roosterkoek self by die huis gaan maak. Roosterkoek met lekker vulsels is ook by die restaurant beskikbaar. ’n Pastei-liefhebber moet beslis nie hierdie plek misloop nie. Jy sal ook nie sommer ’n fout maak as jy die steak-, spinasie- en feta-vulsel, lamskerrie-vulsel, hoender-vulsel, of lam met pepermentjellie-vulsel probeer nie. Pasteie is in padkos-grootte beskikbaar, of jy kan ’n gesinsgrootte-pastei koop wat jy by die huis kan bak.

Kliek hier vir meer inligting oor Nanaga Padstal en kliek hiér as jy in Port Elizabeth wil oornag.

 

Dassiesfontein

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Jiv Jayasuriya (@the_jivster) on

Dit was oorspronklik net twee waens langs die N2, maar oor die jare het Dassiesfontein in ’n boeremark van formaat ontaard. Alles wat jou vakansiehart begeer is hier te koop ─ van eetgoed, drinkgoed, ougoed en tuingoed, tot enamel-bakke, Victoriaanse kaggels en selfs ’n kolestofie of twee! Daar is ook ’n nuwe melkery-afdeling wat melk, kaas, jogurt, vrugtesap en heerlike kaas verkoop. Dis die ideale afsaalplek om ontbyt of middagete te geniet, of om net  bene te strek en deur al die kamertjies te snuffel. Dassiesfontein is ’n ware belewenis, en die varsgebakte lamskerrie-pasteie is vir seker iets om oor huis toe te skryf!

Kliek hier vir meer inligting oor Dassiesfontein Padstal en hiér as jy in die Overberg wil oornag.

Die verversingspos wat jare gelede deur die Nederlanders in die Kaap opgerig is kan as die begin van ons padstal-erfenis beskou word, en tot vandag toe hou ons steeds met dié eg Suid-Afrikaanse tradisie voort. Laat weet gerus in die kommentaarblokkie hieronder wat en waar jou gunsteling-padstal is!

Hooffoto: Weskus Spens Padstal (Big Stock)