Clarens is regdeur die jaar die ideale wegbreekplek, maar die  bloeiselstrate in die lente en die verkleurde vaderlandspopuliere in die herfs maak dié seisoene ideaal vir foto-toere. Dié boomryke dorpie is maar net 3 ure se ry van Johannesburg en Bloemfontein af, so as die stadslewe jou onderkry, weet jy waarheen om te mik.

Clarens is ʼn absolute moet ─ en ons gee jou 5 redes waarom. 

Foto’s: De Ark Mountain Lodge
 
 
 
 

Kyk, as die foto’s hierbo jou nog nie oortuig het dat Clarens die besoek werd is nie, rol gerus ʼn bietjie verder af. Clarens is op die Highlands-roete geleë ─ ʼn klipgooi van Golden Gate af ─ so hier is beslis nie ʼn tekort aan asemrowende vistas nie.

Foto’s: Arundel Studios
 
 
 
 

Clarens is ʼn kunstenaarsparadys. Jy sal ure lank in die galerye kan rondloop en selfs die strate is in skilderye omskep (te danke aan groepe soos Ism-Skism). Dié dorp is byna ʼn kunstenaarskolonie, maar buiten die kunsgalerye en ateljees, is hier so baie snuistery- en dekorwinkels dat dit enige selfagtende man se geduld sal beproef.

Foto’s: Ism-Skism
 
 
 
 

Clarens Brewery maak ʼn ongelooflike verskeidenheid Craft-bier en -sider hier aan die voet van die Malutiberge. ʼn Paar van die biere wat jy hier te proe sal kry, is die Clarens Blonde, Clarens IPA, Clarens English Ale, Clarens Stout, Clarens Red, Clarens Weiss en vir diegene wat hou van soeter drankies is daar ʼn paar Red Stone Pure Fruit Ciders. Clarens is ook die tuiste van die jaarlikse Clarens Craft Beer Festival wat in 2018 vanaf 23 – 24 Februarie plaasvind.

Foto’s: Nadia Gava
 
 
 
 

Clarens Xtreme is ʼn span entoesiastiese mense wat die avontuurtier in jou sal loslaat! Hulle bied ʼn magdom aktiwiteite soos witwatervlotvaart, vierwielmotorfietsritte, Zipline, boogskut en abseil en jy kan selfs dagtoere deur hulle bespreek. So, waarvoor wag jy?

Foto’s: Clarens Xtreme
 
 
 
 

Soos dit hoort in ʼn regte kunstenaarsdorpie, het Clarens ʼn hele paar restaurante wat smullekker maaltye bedien! Gaan maak ʼn draai by Clementines Restaurant vir hulle Duck Confit en Chocolate Trio nagereg (maar onthou om te bespreek, want dié plekkie is vreeslik gewild onder die locals). As jy wil weet hoe Arabica-koffie proe as dit in die Oos-Vrystaat gerooster word, is Highland Coffee Roastery perfek! En vir ʼn happie op pad na die Golden Gate Nasionale Park is Sugar and Cinnamon Restaurant net reg. Ons hoor hulle melkskommels is uit die boonste rakke!

Foto links: Hannic’s Retreat
 
 

As jy steeds twyfel of jy ʼn lêplekkie in Clarens moet bespreek, kan jy gerus hieronder lees wat ander LekkeSlapers van dié dorp dink.

“Gaan, jy sal NIE spyt wees nie!” ─ Thinus Van Tonder, April 2015

“Dit is só lekker plek om net weg te breek van alles en te ontspan. Daar is só baie om te doen in so klein dorp. Sal vir seker Clarens weer besoek.”  ─  Greg Foggitt, April 2015

“Clarens is ʼn kuierdorpie. Baie winkels is interessant om na te kyk. Daar is ook ʼn paar stalletjies langs die pad wat ons geniet het. Golden Gate was ook fantasties om weer te sien.”  ─  Jessica Van Der Straat, April 2015

“Pragtige dorpie. Sou nog langer wou bly! Ideale plek vir ʼn romantiese wegbreek.”  ─  Ansunelle Vd Vyver, Maart 2015

“Baie interessante dorpie. Aangenaam om daar rond te loop en alles te besigtig. Kan pragtige aandenkings en ander artikels aankoop. Oulike resturante!”  ─  Martie Van Deventer, Maart 2015

“Clarens is natuurlik die mooiste plekkie wat ons nog beleef het. Ons kan nie wag om Clarens weer te besoek nie.”  ─  Bettie Bam, Februarie 2015

Foto’s: St Fort Country House
 

As jy wil uitvind waaroor al die bohaai gaan en self die Juweel van die Vrystaat wil gaan verken, het ons ʼn magdom pragtige blyplekke in Clarens om van te kies. Kliek net op die foto’s om te kyk waar jy kan LekkeSlaap!

Foto’s: Jovali
Foto’s: De Lusthof Guest Farm
Foto’s: 454 Berg Str
Foto’s: Leafy Lane
 

Die hooffoto is ʼn skildery deur die kunstenaar, Jadri Barnard.