Verified Reviews
Dinokeng Game Reserve
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dinokeng Game Reserve
Rated 4.3 out of 5 based on 581 reviews.
"Ontsteld oor 'n volunteering ranger wat op ons geskree het omdat ons nie op 'n self-drive roete was nie. Hy was baie ongeskik en het met geen respek met ons gepraat nie. Daar was wel klomp ander karre ook op die pad, daar was geen bord dat ons nie daar mag in nie. Daar was slegs 'n bord wat sê dat dit wel 'n self-drive roete is."
"Goeie toeristebestemming en begeleide wildritte is baie leersaam en aan te beveel."
"Paaie bietjie moeilik vir 'n sedan - 2 bande beskadig a.g.v. gate in die pad. Verder is die reservaat netjies en skoon. Wild was maar bietjie sku ook."
"Baie lekker plek, het wel baie onvriendelike diens ontvang van die "voluntary rangers" af, maar verder is Dinokeng fantasties."
"Voorstel dat hulle die De Wagendrift-pad meer gereeld sal skraap. Die pad is redelik onaangenaam met 'n lae profiel kar/bande."
"Het dit baie geniet. Nie die Groot Vyf gesien nie, maar baie ander wild."
"Moenie onnodig te veel saamneem nie. Die Safari Mall het 'n wye verskeidenheid om aan die nodige behoeftes te voorsien. Los maar die gevrieste vleis by die huis en kry vars vleis teen goeie pryse by die slaghuis by Safari Mall wanneer nodig."
"Die reservaat is vreeslik mooi, dit is vreeslik moeilik om enige groot 5 wild te kry. Die Ranger app is ook nie hulpvaardig nie. Alternatiewe metodes is nodig om die ervaring beter te maak. Die "map" wat gegee was, was hulpvaardig maar die wild wat in elke gedeelte gesien kan word is nie akkuraat nie."
"Bespreekte wildrit beter as self ry aangesien hulle jou heelwat meer wild kan wys."
"Cannot wait for our return trip, already booked! Rangers are friendly, shops well stocked, and the animal sightings did not disappoint!"
"Always enjoy a trip to this bush on the door steps of JNB/PRE! Guided drives are best to experience the full extent of animals on the reserve. Perfect place to chill for the weekend."
"Het nie regtig die paaie gebruik of rondgery in die reservaat nie, en moes amper R300 opdok. Het nie eers 'n bokkie gesien nie."
"The reserve is beautiful. Only thing, is the map that is given for the self-drive. It's not simple to read and lots of the points are not the same as the map."