Geverifieerde Resensie
Dinokeng Game Reserve
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dinokeng Game Reserve bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 581 resensies.
"Baie lekker. Ons het luiperd ook gesien. Daar kan meer wild wees. Mens moet redelik soek om die bokke te sien. Vriendelik en behulpsaam by die hek. Die kaart is nie 100% op datum nie, maar jy kan steeds jou weg vind."
"More awareness of the conservation fee should be made, otherwise it was a lovely experience."
"Te min selfryroetes en die toeristekaart is baie gebruiksonvriendelik. Die winkels binne die reservaat laat ook veel te wense."
"Dit is ongelooflik om die diere so gesond te sien. Die wildreservaat is ongelooflik om te besoek enige diereliefhebber se droom."
"Kontrole by die hek is nie goed nie en dit was aanvanklik nie duidelik waar die selfritte is nie. Waarskynlik omdat niks by die hek gegee/verduidelik is nie. Baie goeie diens en hulp by een van die ander hekke gekry. Kaart en roete-aanwysings heel goed en het groot verskeidenheid wild gesien."
"Dit is 'n wonderlike vakansiebestemming. Grondpaaie net nie altyd begaanbaar nie."
"Baie lekker. Sien ongelukkig nie altyd baie diere nie, maar nogsteeds lekker vir 'n naweekwegbreek. Mense altyd vriendelik daar."
"Sonder om honderde kilometers te ry, is hierdie wildreservaat gemaklik binne bereik van veral die Gautengers. Selfry-ritte om die Groot 5, onder andere, op te spoor, asook dié saam met ervare veldgidse in wildsbesigtigingsvoertuie bied vele moontlikhede. Verblyf van twee of meer dae by een van die vele boskampe of -herberge dra vir seker by tot ’n genotvolle kuier in die natuur."
"Ons was bietjie teleurgesteld. Daar is nie baie wild nie - die Groot Vyf is definitief nie iets waarop hulle moet roem nie."
"Piekniekplekke regtig skoon en netjies. Baie mooi wild gesien al het dit elke aand gereën. Glo dat dit in die toekoms nog baie meer sukses gaan behaal. Ons sal weer gaan besoek aflê, verseker."
"Unfortunately Dinokeng sometimes is not a quiet bush experience as the local community just outside the park is very loud and their music can be heard at night. The game viewing is not great but still lots of buck and a pleasant bush."
"Kan die bewaringsbydrae ens. nie vooraf betaal word nie? Ons moet langs die pad sit en my dogter moes in die reën na die kantoor gaan om dit te betaal. Dit is boonop gevaarlik en baie ongerieflik."
"Die Golden Impala restaurant was hemels. Die kos was heerlik en die diens was uitstekend. Dit was ook lekker om gesien te word as 'n mens en nie volgens jou velkleur nie. Wens dit kan orals so wees. Die gasvryheid by elke plek waar ons was was fantasies. Ons het tuis gevoel."
"Die selfritroete was baie lekker toe ons dit eers onder die knie gekry het. Sal weer in Dinokeng wil kuier."
"Hoofgrondpad is baie sleg, ander land eienaars jaag op die hoof grond paaie en beskading anfer voertuie."
"Die paaie is goed onderhou - ten spyte van 30 mm reën. Ongelukkig nie enige van die Groot 5 gesien nie."
"Ons het van waar ons by die Tau Gate van Dinokeng ingekom het tot ons weer uitgegry het, slegs goeie en vriendelike diens ervaar. Hulle is baie streng, maar dit is om die besoekers te beskerm. Ons het ten alle tye geweet waar ons staan met almal en geweet waar ons mag en nie mag gaan nie. Ons sal enigetyd weer Dinokeng Wildreservaat ondersteun."
"Baie dankie Dinokeng! Naby genoeg vir my om weg te breek en veilig te wees op my eie."
"Dinokeng is a beautiful reserve. They keep their reserve well kept, the animals are healthy and beautiful. I will certainly return on a regular basis. Thank you for giving the animals such a lovely sanctuary."