Geverifieerde Resensie
Gansbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gansbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 950 resensies.
"Klein rustige dorpie. Sentraal geleë vir besoeke aan omliggende stranddorpies, walvis kyk, staproetes en die pikkewynbeskermingsoord."
"Pragtige, skoon, klein dorpie en ideal om by aan te doen en te oornag op pad na 'n volgende destinasie."
"Die atmosfeer in die dorp self is baie vriendelik en mense het ons glad nie gegroet nie. Die winkelsentrum is sentraal geleë en maklik bereikbaar."
"Not much to see or do in Gaansbaai, but close enough to Hermanus for shopping, eating out or a busier vibe."
"Gansbaai is 'n stil plek met pragtige natuurskoon. Al is dit stil, is daar genoeg om te doen in die omgewing en as jy 'n bietjie uitry is daar baie mooi plekke om te sien onder meer die mees suidelike punt van Afrika (Kaap Agulhas)."
"Gansbaai is 'n fantastiese plek. Het al baie daar gekom en sal steeds baie gaan kuier. Mooi omgewing, baie om te sien, mooi natuurskoon en gawe mense. "
"Mooi omgewing, baie om te sien en te doen, en dit is ook nie te vêr van die Kaap af nie. Heerlike, versteekte swemplekke in die nabye omgewing. Sal definitef weer daar 'n besoek aflê."
"Dit is 'n pragtige plek, baie lekker stil. Ek het baie gehou van die donkerte (geen straatligte), want ek is oorspronklik van Algeria in die Cederberge en daar is ook geen straatligte nie."
"Baie rustig. Het wel lekker lang wit strande gemis. Dit is egter lekker aangrensende plekke soos Pearly Beach en Franskraal."
"Goeie bestemming met strande by Franskraal en die Plaatsje. Ons het ook die vallei Bodhi Kaya en Farm 215 besoek. Ook Stanford en Napier en Eliminate is naby. Cape Agulas is baie spesiaal vir Hollanders."
"Wonderlike skoon dorpie. Plaaslik en vriendelike gemeenskap met alles wat jy soek vir 'n rustige wegbreek weg van die gejaag van die Kaap. Werklik 'n belewinis!"
"Franskraal is 'n baie rustige dorpie wat ek weer sal besoek."
"Alhoewel Gansbaai nie self 'n swemstrand het nie, was dit vir ons heerlik om die omliggende strande te verken: Stanfordbaai (met 'n grasperk as 'n strand!), Kleinbaai, Franskraal, Pearly Beach, Hermanus, Danger Point, ens. Gansbaai is ongetwyfeld die haaihokduik-Mekka van Suid-Afrika (ongelukkig net baie duur vir plaaslikes - tussen R1450 en R1800 per persoon!) en die rehabilitasiesentrum vir pikkewyne is definitief 'n besoek werd. Ons was gelukkig om te kon beleef hoe 10 pikkewyne weer in die oseaan vrygelaat is! Ongelukkig is 'n besoek aan Dyer-eiland ons nie beskore gewees nie aangesien die pryse vir 'n bootrit daarheen begin by R1000 per persoon. Daar is egter genoeg winkels op die dorp om alle benodighede aan te skaf. Ons beveel baie graag die 'The Great White House'-restaurant in Kleinbaai vir 'n onvergeetlike ete aan! Ons sal Gansbaai en sy mense onthou vir hulle ongelooflike hartlikheid en vriendelikheid en hoop om weer in die toekoms daar te kan vakansie hou."
"Franskraal is pragtig en nie so gekommersialiseerd soos Hermanus nie. Lieflike staproetes langs die see."
"Franskraal is regtig pragtig tesame met al die ander plekkies rondom - veral Uilenkraalsmond en Die Kelders. Dit is nou die plek om te besoek indien jy na 'n rustige aangename vakansie verlang."