Geverifieerde Resensie
Green Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Green Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 496 resensies.
"Kakamas is ryk aan interessante plekke. Kaarte van die omgewing met aanwysings na die plekke sal 'n groot bate wees."
"Keimoes is one of our favourite towns. It has a logical layout and everything is well-marked, so no wondering in which direction to travel."
"Die dorp is redelik netjies. Soos reeds genoem het ons oorgeslaap op pad huistoe. Ons geniet die plattelandse atmosfeer van die klein dorpies. As ons meer besoek stel dit hul in staat om voort te gaan. Covid het die klein plekke se ekonomie hard getref."
"Dalk net die gaste laat weet dat so te sê als 13:00 op Sondag toemaak en dat daar geen restaurante oop is in Kakamas op Sondag nie."
"Keimoes was slegs vir ons 'n oornagstop, maar die omwings is wonderskoon en sal dit graag met 'n volgende geleentheid ervaar."
"Baie mooi area, en goed geleë as jy die groter area soos Riemvasmaak en Augrabies wil verken."
"Die Pienk Padstal by die brug is 'n moet. Net jammer die koffiewinkel by Belvedere was reeds toe met aankoms."
"'n Vriendelike dorpie omring van groen wingerde en ideaal vir 'n oorstaan op pad na die valle of Kalahari of Namibië."
"Mooi skoon dorp. Vriendelike mense. Heelwat om daar en in omgewing te sien en te doen. Sal definitief weer Kakamas besoek. Was verras."
"Ons het Augrabies gaan kyk, so ons tyd was beperk. Dit was steeds ’n heerlike wegbreek."
"Baie mooi dorpie en gasvrye mense wat mens nie meer vandag oral kry nie. Mooi landskap met druiwe en besproeide persele. Augrabies ook pragtig."
"So pragtige omgewing om jou batterye te laat laai en te ontspan. Gasvryheid uit die boonste rakke!"
"Ons ry gereeld deur en vind dit geskik vir oornag, maar sal nie langer as 'n dag vertoef nie, tensy daar bekostigbare aktiwiteite of toere aangebeid word nie. Op die stadium is ons nie bewus van enige en ons bestemming is gewoonlik 'n paar km's ver."
"Moenie dat die hoofstraat jou mislei nie. Ry bietjie rond en ontdek klein diamante oraloor.. Van waterwiele tot pragtige kokerbome, moderne winkels en die Pienk Plek."