Geverifieerde Resensie
Highlands Meander
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Highlands Meander bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 985 resensies.
"Lekker naweek-wegbreek, maar nie langer as dit nie. 'n Besoek aan die roofvoël-park en die vlieg-"show" moet beslis op jou program wees - 'n groot hoogtepunt. "
Waterval-Onder, Highlands Meander
Rocky Drift Private Nature Reserve & Campsites"Baie mooi en rustige omgewing."
"Dullstroom is baie mooi en vir 'n naweek baie lekker om uit die stad pad te gee. Ons het lekker rondgeloop en ontspan."
Kwena Valley, Highlands Meander
Forest Creek Lodge & Spa"Die Kwena Vallei is 'n baie onbekende toeristebestemming. Dis werklik pragtig. "
"Dullstroom is net 25 km weg maar dis 'n grondpad so wees maar versigtig. Ons het gereeld daar gaan eet."
Waterval Boven, Highlands Meander
Luilekker Guest House"We will be back in the area in a few weeks time, the area seems to be a hidden gem."
Waterval Boven, Highlands Meander
Luilekker Guest House"Ek was verbaas dat daar soveel oorde in daardie omtrek is. Dit is ideaal vir oorslaap veral in seisoene wanneer die wildtuin so vol bespreek is. Hulle adverteer net nie genoeg nie. Dit moet in die buiteland ook geadverteer word as dit nie alreeds gebeur nie. Kaapse Hoop word nie genoeg langs die pad geadverteer nie en ook miskien 'n groot bord by die ingang en uitgang van Boven langs die pad sit wat bv. sê Welkom in MPUMALANGA se vakansie oorde ,jou halweghuis na die Krugerwildtuin. Dan 'n lys van die die blyplekke sit met die telefoonnommers langs die naam. Die vakansie oorde kan maandeliks ietsie bydra vir die advertensie."
Waterval Boven, Highlands Meander
Luilekker Guest House"Regte plattelandse atmosfeer behalwe dat die nuwe bedeling afbreuk doen aan die toeriste aantrklikheid. Niemand wil "Made in China" produkte koop nie."
"Al die blomme en pragtige groot groen bome was vir ons wondermooi. Die besoek aan die Birds of Prey Centre was 'n onvergeetlike ervaring. Daar is baie slaggate en veral die grondpaaie is erg verspoel. Maar eerder dit as 'n vreeslike droogte!"
"Baie oulike plek. Interessante winkeltjies. Die enigste klagte wat ons het en van die ander mense wat ons mee gesels het is dat, alles behawle restaurante vyfuur toemaak. Ons tyd was so min ons kon nie eers na al die winkeljies gaan nie. Ek kan verstaan dat dit seker nie in die week nodig is om oop te bly nie, maar hulle kan baie besigheid kry as hulle net Vrydae en Saterdae later oop bly. Tot die klein "coffee shops" maak vyfuur toe."
"Dis 'n baie lekker dorpie om 'n naweek te spandeer met oulike winkels. Ek sal net voorstel dat hulle verbeter op die grondpad tussen die treinspoor en Muddlers Minnow."
Waterval Boven, Highlands Meander
Luilekker Guest House"Kry asb. die stoomtrein om weer te loop. Sal beslis meer toeriste lok."
"'n Baie oulike plekkie. Sou graag meer ontwikkeling en vooruitgang vir die dorpie wou sien. Dit is 'n monumentele dorpie met mens mensies."
"Sal enige tyd daar tyd spandeer. Ons is vriendelik gehelp in die winkels en die dame by Dullstroom Art en Crafts het uit haar pad gegaan om die lappe vir ons te maak soos ons dit wil hê. "