Geverifieerde Resensie
Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1921 resensies.
"Was as kind laas daar en nou met die uitkykpunte kan mense baie nader en oor die rand van die rotse kyk. Alhoewel die rivier laag was, was dit nog steeds pragtig om te sien. Die park het ook nog goed versorg en netjies gelyk."
"Die dorp is vuil en die inwoners waarsku jou teen motordiefstal en inbrake. Nie die veiligste bestemming nie."
"Ons het Upington ongelooflik geniet! Ons het by die Red Ox geëet, wat 'n ongelooflike restaurant is! Ek kan River Manor en die Red Ox met groot vrymoedigheid aanbeveel. Dit is vyfster gehalte."
"Die skoonheid en die natuur van die Kalahari is ’n belewenis soos min. Baie om te sien en te ervaar in die omgewing. Die platteland is merkwaardig. Maak tyd en ervaar die mense en die dinge wat hulle doen en te koop aanbied saam met hulle gasvryheid. Ons gaan weer kom kuier."
"Die mense is vriendelik in Upington en selfs vreemdes groet vriendelik. Almal praat in my moedertaal. Mense is ook baie hulpvaardig."
"Ons het met Ford Figo gery en kon meeste plekke inkom, maar ek sal wel 'n effe groter of hoër voertuig aanbeveel."
"Dit was baie droog, maar die mense het oor en oor vir dit vergoed! Besoek gerus die Pienk Padstal!"
"Gepas vir besoek aan watervalle, maar ver van hoofpad vir reisigers op pad na Springbok wat net oornag-slaapplek soek."