Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6665 resensies.
St. Lucia-riviermonding, KwaZulu-Natal
Stone Ridge Luxury Self-Catering Units"Baie om te doen in en om die omgewing. Pragtige plekkie waarheen ons vir seker weer sal gaan. "
"Winklespruit is goed geleë. Ek weet nie hoe is die verkeer in die vakansieseisoen nie. Alles was eintlik stapafstand. Ek het dalk nie alles gesien nie, maar Winklespruit is nou nie die beste/mooiste vakansie dorp nie. Besighede floreer wat goed is buite seisoen. Daar is nou nie coffee shops op die straat nie. Wel een by die Pick n Pay. Op die strand sal ek aan beveel dat die lagoon/damwater by die main strand oop gemaak word en die water in die see kan loop. Die reuk was nie aangenaam nie en ek sal nie my kinders daarin laat speel nie. Die swembad was leeg by die main stand. Ek neem aan dis maar buite season en word dalk maintenance gedoen. Ek moet weer gaan in beter weer. Dis al. Ek dink dis 'n lekker besige dorpie."
"Met die snelweë wat deur die gebied loop is dit maklik om van een punt na 'n ander te gaan."
"Die apies is oral, maar oor die algemeen baie skoon en mense baie behulpsaam. Strande skoon oor die algemeen."
"We love the quiet and relaxing area to wind down and recuperate from."
St. Lucia-riviermonding, KwaZulu-Natal
Ocean View Nature Lodge"Asemrowend met baie om te sien en te doen. "
Champagne Vallei, KwaZulu-Natal
Treks, Trips & Trails"So baie om te doen, so min tyd. Het veral die Raptors vertoning geniet."
"Die dorp is ongelooflik mooi. As ek aan Balgowan en die omliggende area dink, dan dink ek nie aan Natal nie, ek dink aan die Kaap. Ek was stomgeslaan oor die area en die klein plekkies rondom Balgowan."
Willard's Beach, KwaZulu-Natal
La Montagne"Ons het meestal op die Boardwalk en strand gestap. Dit was baie skoon en daar was nogal baie sekuriteit wat toesig gehou het so ons het beslis veilig gevoel en vir ons was dit belangrik siende dat ons bejaardes is."
St. Lucia-riviermonding, KwaZulu-Natal
Perna Perna St Lucia"Dis altyd lekker om St. Lucia te besoek, omdat dit kleiner is en dit nog ongedeerd is. Hier kan jy nog rustig kuier en mens is weg van al die lawaai van die stad. Dis 'n pragtige dorpie."
"Beautiful beaches, except for the revellers who leave their litter on the beach after a night partying on the beach, especially when there are plenty of bins on the beach. No visible security during the day. After dusk does not feel safe though. Nice little town for a short break to recharge the batteries."
"Winkelspruit self het nie altyd veilig gevoel, maar die teenwoordigheid van lewensredders op strand het gehelp. "