Verified Reviews
Margate
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Margate
Rated 4.3 out of 5 based on 1109 reviews.
"Margate het vir ons baie agteruit gegaan. Was tot so 8 jaar gelede elke jaar daar. Dit is nou half "scary" ─ orals lê rommel en gebreekte glas. Die hoeveelheid eiendomme wat afgeleë en verlate staan is ook 'n bewys. Baie leë winkels. Sal weer gaan, maar hoop dit sal beter wees."
"Kan 'n bietjie meer aandag gee aan die netheid en skoonheid van die strate."
"Daar is 'n dramatiese agteruitgang van Margate. Die strandervaring asook die besigheidsomgewing. Na sononder is die hele Margate 'n "no go zone". Nie veilig nie en ook nie aangenaam nie."
"Dis rustig genoeg om vakansie te hou, maar nie te ver van besienswaardighede af nie."
"Margate self se hoof strand is nie so mooi nie. Maaar, omliggende strande, Uvongo en Shelly Beach, Hibiscus en al daai is baie nice."
"Dit is ’n heerlike rustige area met ’n lekker swemstrand en ’n paar lekker plekkies om te eet. Ons geniet altyd ’n vakansie in Uvongo."
"Paaie is baie sleg, die omgewing het baie agteruit gegaan. Strate vol rommel. Gelukkig was die woonstel pragtig en die uitsig ook. Dit het opgemaak."
"Baie lekker plek om vakansie te hou, kon ons seuntjie veilig op die strand besig hou."