Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6237 resensies.
"Die dorp en area bly mooi, maar die dorpsbestuur sal iets omtrent die slaggate in die paaie moet doen. Dit maak afbreek aan die dorp, maar ten spyte hiervan sal ek weer kom."
"Dele van die dorp self is vervalle, die paaie is in 'n haglike toestand, baie kragonderbrekings ens ens ens."
"Riverside bungalows were close to all the adventures and places we wanted to visit. The Sabie Information office must be advertised more for tourists. We visited 2 other information offices that were closed down and eventually got to the right one. The potholes in Sabie and surrounding places must be looked at, please."
"Uitstekende dorpie vir 'n kort besoek. Die antieke winkeltjie het die beste fudge ooit! OH Fudge!"
"Die park moet 'n toegangsfooi vra vir nie-inwoners. Daar was mense met busse aangery wat so dronk was op die 16de Des. Bottels gebreek het en hulle wangedra het. Daar was ook op 'n ander dag 'n taxi wat by die swembadpark parkeer het en kliphard musiek geluister het. Dan betaal hy en sy vriende slegs R50 om die hele dag daar te wees. Maak Marlothpark toe vir dagbesoekers of vra hulle R200 per persoon om in te gaan."
"Ons gaan al die afgelope 12 jaar Dullstroom toe, ten minste 1 keer 'n jaar, so ons geniet dit baie. Dis net die laaste 4 jaar wat ons honde het so ons probeer altyd akkommodasie kry wat dierevriendelik is en ons is baie gelukkig dat Dullstroom so dierevriendelik is. Dis die beste klein dorpie naby Johannesburg."
"Die dorpie is nou weer goed versorg en beslis die moeite werd om te besoek. Dis baie sentraal in die toeriste-area en jy kan van hier af al die plekke besoek as dagbesoeker. Baie karaktervol - wens al die geboue kon hul stories vertel."
"The only places worth visiting are Epa! Farm and I found the graveyard and Mozambique disaster site worthwhile. The waterfall near the old tunnel is nice to see, but the platform looks quite dangerous, it caught fire, and I found it scary."
"Badplaas as whole is a beautiful place and recommended for holiday vacation."
"Love all the restaurants and activities in this small tourist town, Lovely place with beautiful surroundings."
"Marlothpark het beslis ons harte gesteel van ons eerste besoek daar so 3 jaar terug. Ek moet bysê alhoewel dit nou die bosveld is kan daar dalk aandag gegee word aan die grondpaaie. Buiten dit, is dit 'n lekker plek wat ons graag besoek."