Geverifieerde Resensie
Nieu-Bethesda
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Nieu-Bethesda bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 543 resensies.
"Interessante dorpie, pragtig as mens oor die berg inkom. Beslis ‘n unieke SA ervaring."
"Een van my gunsteling dorpies om te besoek en met oulike restourante en heerlike kos!"
"Food and drinks could be a problem as it is difficult to find open venues midweek (we visited out of season). "
"Nieu-Bethesda is a quirky little town off the tourist track. It is full of arty nooks and off-beat people. A true Karoo "dorpie" - well worth a visit for those who love peace, quiet and unspoiled scenery."
"Eet, verversings, snoeperye is onnodiglik duur. Was twee keer uitgebuit. Maak seker wat jy bestel is in detail bespreek, vra pryse vooraf om seker te maak julle praat van dieselfde ding."
"'n Moeite-werd plek om te besoek. Moenie dit misloop nie. Gaan kyk na die boekwinkel - daar is 'n ongelooflike versamelingboeke, oud en nuut."
"Kan alles doen wat jy wil in 'n halwe dag. Ons het vir 3 dae bespreek en dit was te veel."
"Baie interessante klein dorpie , die yuk huis is definitief die moeite werd, die lantern fees was interessant om te beleef. Lekkerste pizzas by die pizza plek! Die dorpie maak baie staat op toerisme vir oorlewing en hoop mense doen moeite om daar n draai te gaan maak, dit is “old world charm”."
"Unusual, interesting attractions, art-wise and culture-wise. Warm receptions by all we met."
"Om die oujaar in Nieu-Bethesda af te sluit, is 'n onvergeetlike ondervinding wat elkeen aan hom-/haarself verskuldig is."
"Lekker klein dorpie met vriendelike mense en stories. Die sterrekyk kan mens vir niks verruil nie"
"Wow! Ongelooflike ervaring gewees om Nieu-Bethesda te besoek! Uil-Huis was 'n hoogte punt, maar al die ander plekke was net so lekker. Die bier brouery was dit heerlik onder die bome!"
"Daar is geen vulstasie of teller, dus maak seker voertuig het vol tenk brandstof en genoeg kontant in die beursie."
"Selfoonseine is nie goed nie. Dit sal ook help indien meer plekke van 'n kaartstelsel gebruik maak om rekeninge te betaal aangesien nie baie mense meer groot bedrae geld saamdra nie."