Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6501 reviews.
"Gansbaai is een van ons gunstelingplekke in die Suid-Kaap met baie interessante winkeltjies en die pragtige see."
"Caledon is die skoonste dorp wat ek in 'n lang tyd gesien het, hulle kan voorwaar trots wees op hul prag dorp!"
"Baie stil in wintermaande. Min aktiwiteite of besienswaardighede, maar natuurskoon en strand baie mooi."
"If you want a peaceful place to escape to then Pearly Beach it that place. Chat to the locals where the safest beach is for swimming as some sections are not suitable. If you're a fisherman, it's win win all the way. The local General Dealer at the resort stocks a wide range of groceries which is always fresh. No need to travel far. A very friendly and helpful town."
"Dit is 'n baie rustige, veilige en pragtige plek om te aanskou. Ek sal dit beslis weer in die toekoms besoek."
"Very beautiful place with a lot of little hidden gems I would love to explore on my next trip."
"Swellendam is like a little piece of heaven in the Langeberg Hermitage valley. We have already booked 2 more visits in the surroundings! #hooked"
"Uitstekende dorpie. Rustigheid en die sneeu en berguitsigte was baie mooi. Saterdag rustig deur die dorpie gestap en by talle eetplekkies en kunsgalerye aangedoen. Almal werk saam sodat Greyton (Kaapse finalis) Dorp van die Jaar wen, oral in die dorp is baniere aan die pale. Het baie mooi alternatiewe verblyf gekry, maar moes Vrydag en Saterdag by verskillende plekke oornag."
"Ons het die rustigheid baie geniet. Kinders ry fiets in die strate. Mooiste staproetes in en om die dorp."
"Wat 'n lekker klein dorpie. In die midde van ander dorpe soos Napier, Aghulas en Arniston wat ons gaan verken het."
"Baie goeie bestemming met variasie van dinge om te doen. Ons het die Fernkloofdagstaproetes baie geniet en tot by die berghut gestap. Die uitsig daarvandaan is ongelooflik."
"Die voetslaan-pad al langs die see vanaf Grotto strand tot Vermont is 'n pluspunt! Dit is lekker om te sien hoeveel persone daarvan gebruik maak en al die honde wat die daaglikse wandeling geniet. Genoeg eetplekke om van te kies asook wynplase."