Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6061 resensies.
"Arniston is beeldskoon en die perfekte plek om te gaan rus en weer jou siel te vind. Daar is soveel geskiedenis in die dorpie. September was inderdaad die perfekte tyd om walvisse te sien. Ons het meer as ses in net een oggend gesien. Die grot is 'n moet sien en baie spesiaal."
"'n Plek waarheen ek altyd weer sal terugkeer. Beeldskone strande met 'n rustige atmosfeer."
"Werklikwaar 'n lieflike plek om te besoek. Die feit dat alles so skoon is, is wonderlik. Geen rommel wat rondlê nie. Die hele omgewing is net pragtig! Baie mooi strand. Alles is rustig en lekker afskakel van die daaglikse gejaag. Naby aan Bredasdorp waar goeie winkels en eetplekke is."
"Grabouw bied baie vir die besoeker. Die nuwe Elgin Railway Market en lieflike wynkelders om te verken, Peregrine padstal en soveel meer. Puik vir stappers en bergfietsryers en nog soveel ander aktiwiteite."
"Agulhas itself is wonderful. We did the long walk and visited the lighthouse. We had a very nice fish meal in the local restaurant and bought and sent postcards from the local supermarket. Spotted wales as well! We will be back to Agulhas."
"Altyd 'n gunsteling met 'n verskeidenheid van see, strand, klip, natuur en vars lug."
"Ons kon oral loop en daar is baie restaurante om uit te kies. Ook lekker gekuier by die mark Saterdagoggend."
"Kleinmond is the perfect weekend getaway - such a quaint town with all the amenities you need - supermarket, bakery and close to the bustle of Hermanus. "
"'n Lus vir die oog. Ons was in Augustus daar, wat effens koud was, maar is absoluut beloon met ongelooflike natuurskoon. Die kanola is dan in blom en dit is die mooiste gesig! Caledon is 'n juweel van 'n dorp met lekker doendinge, natuurlik ook die heerlike Caledon warmwater bronne, Onthou om swemklere in te pak, Caledon hou nie aan nie."
"Ons het by verskeie restaurante geëet, maar hulle kos is werklik pateties. Geen oesters en vars vis beskikbaar nie, terwyl Witsand veronderstel is om daarvoor bekend te wees. So, as jy op Witsand gaan kuier, neem vir jou lekker vars vis, oesters en mossels saam uit die Kaap en vergeet van die restaurante."