Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36701 reviews.
"Baie verbaas oor die grootte van die dorpie, maar baie oulik. Die restaurant 'Flames Grill & Pub' het die beste seafood platter in die Wes-Kaap."
"Baie oulike 'one-stop' dorpie. Die restaurant 'Herrie' se diens was stadig, maar die kos was baie lekker."
"Bettiesbaai en omgewing, 'n snoesige plekkie waar daar liefde en vrede in die lug hang en waar die seemeeue en die see en hul mense jou gasvry, vriendelik en hartlik ontvang."
"I love Worcester, the old historic buildings is amazing and the distance to the mall worked for us."
"Nie wel bekende area nie, nie iets gewees wat ons aandag getrek het om te gaan besoek in die area nie."
"'n Pragtige plek om net weg te breek met al die besienswaardighede. Robertson is ook goed geleë t.o.v die afstand na ander naburige dorpies soos bv Montagu. Die wêreld is verskriklik mooi en al die wynplase en mooi toegeruste eetplekke en padstalle is n bonus. "
"Ons hoop van harte dat die water krisis binnekort verlig sal word, want dit sal jammer wees dat die Paternoster nie langer akkommodasie aan toeriste kan bied weens die waterkrisis in die hele Wes-Kaap omgewing."
"Prins Albert is 'n bekoorlike klein dorpie aan die voet van die Swartberge en dus is die omgewing pragtig, ten spyte van die droogte. Die strate is netjies en skoon en die mense vriendelik. Ek dink die Munisipaliteit moet egter aandag gee aan die lekker breë hoofstraat wat deur sommige inwoners en besoekers soms as 'n resiesbaan gebruik word - hulle steur hulle beslis nie aan die spoedbeperking nie. Spoedwalle kan dalk 'n opsie wees?"
Great Brak River, Western Cape
Wolwedans Guest Manor"Klein skoon plekkie. En naby Hartenbos. Skoon en netjiese dorp. "
Breede River Valley, Western Cape
Kampala Guest Farm"Beste plek om weg te kom van die gejaag en stad met pragtige natuurskoon en rustigheid."
"As Bolandse dorp is Wellington die middelpunt, om die res van die Bolandse dorpe te verken! Onvergeetbare ervaring!"
"Jacobsbaai is 'n pragtige klein dorpie, perfek vir as jy 'n stil wegbreek soek. Almal is baie vriendelik en daars groter dorpe naby genoeg as jy iets wil koop."
"'n Dorpie vol geskiedenis. 'n Besoek aan die Fransie Pienaar Museum is 'n moet as jy belangstel in die geskiedenis van die omgewing. "
Britannica Heights, Western Cape
Elm Tree Guest Farm"Lieflike ongerepte see, skoonheid om rustig te ontspan."
"Rustig en kalm atmosfeer. Bring daardie rustigheid en kalmte in jou gemoed. Net wat jy nodig het na 'n besige jaar."
"Redelinghuys is good as a stop over town. Cemetery and church is worth a visit but really not much to do there."
"Knysna is interessant en vol verrassings. Gewone mense in winkels gaan uit hul pad om mens van diens te wees."
"Dit is 'n interessante plek, baie stil en rustig en iets besonders as dit jou eerste keer is dat jy die plek besoek."