Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35225 resensies.
"Sal met graagte weer vir Lambertsbaai besoek. Net die skelmpies wat daar rondloop, is n probleem. "
"Barrydale is 'n pragtige dorpie. Net jammer die eiendompryse word so in die hoogte in gejaag. Baie mooi plekke op die R62 om te besoek."
"Baie rustige area. Naby als en die mense is ongelooflik vriendelik, wat ons baie tuis laat voel het en het uit hul pad gegaan om ons te akkommodeer. "
Stellenbosch Sentraal, Wes-Kaap
Boschhuis Apartments – Stellenbosch"'n Unieke omgewing en spesiale atmosfeer met heerlike restaurante, interessante winkels en kunsgalerye. By dit alles 'n wonderlike botaniese tuin alles loopafstand!"
"Hermanus glo ek spreek vir homself, dis ooglopend aan die voorkoms van die area. "
Stellenbosch Sentraal, Wes-Kaap
Eendracht Hotel"Ek sal weer en weer terugkom, ons beplan alweer ons volgende wegbreek."
"Pragtig. Omdat Lutzville op ons reisplan was vir 'n spesifieke rede, het ons die pragtige dele wat ons wou besoek het, gaan opsoek en die eindresultaat was fantasties."
"Bitter klein, stil dorpie met 'n rykdom van fantastiese wyn. Hier kry jy rus vir jou siel en kan jy lekker kuier. Ons vooraf beplande wynproe by Boplaas was fantasties en professioneel. Ons etes by Boplaas se bistro en later die aand by Zamani was heerlik. Calitzdorp het 'n unieke karakter en sal ons beslis weer sien!"
"Brackenfell is awesome. Meeste van ons besigheid is in Brackenfell. Nie 'n toeristebestemming nie, maar vir ons baie goed vir besigheid. "
"Kreef verkopers is baie opdringerig, en laat jou soms ongemaklik voel. Maar as dit jou nie pla nie, is dit heel lekker."
"Ons hou regtig baie van Jocobsbaai en spandeer ten minste 1 naweek elke jaar daar. Sien uit na volgende jaar!"
"'n Pragtige asemrowende plek. Die winkeltjies het sulke pragtige goedjies. Wat my opgeval het, is hoe mooi skoon die hele dorp is. "