Geverifieerde Resensie
Ballito
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Ballito bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 835 resensies.
"Goed geleë en alle fasiliteite is maklik bereikbaar. Die strand is net ten dele te rotsagtig vir my."
"Sal verseker weer Ballito besoek. Baie skoon dorp met silwerskoon strand en see baie skoon."
"Groot verskeidenheid restaurante, was buite-seisoen wat dit lekker gemaak het dat dit nie 'n sirkus was nie. Sal verseker weer in Ballito gaan vakansie hou."
"Ballito het baie uitgebrei die laaste ruk en dis 'n heerlike vakansiebestemming vir oud en jonk."
"Tweede jaar wat ek spesifiek oor paasnaweek soontoe gaan. En dit gaan definitef 'n gereelde instelling wees."
"Ballito is a very beautiful place, away from the fast pace of big city life. It is a good place to go to for a holiday to unwind. It has warm water beaches and great accommodation areas."
"Jammer oor waterbeperkings. Ons het beslis ons deel gedoen. Inkopiesentrums is naby en prakties. Was net baie besig. Mense is baie vriendelik."
"Ek het net 'n restaurantjie op die strand gemis waar mens kan gaan sit en 'n ietsie eet of 'n ietsie drink. Of selfs 'n roomysplekkie wat draairoomys verkoop. Ek weet nou nie hoe dit binne seisoen is nie, maar daar is geen restaurant op die strand nie."