Geverifieerde Resensie
Gauteng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gauteng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 3143 resensies.
"Maak seker jy vat alles saam wat jy nodig het. Die plaaslike 2 winkelkies (Spaza) bied net die nodigste. Die slaghuis het geen verskeidenheid of voorraad. Miskien is als beter in seisoen? Ons het verkies om nie plaaslike geadverteerde restaurante te besoek nie omrede dit 'n absolute spook-omgewing is buite seisoen. Geen ander aktiwiteite soos visvang of bootritte aangedurf. Ek verkies Vaal na Potch kant met rivierfrontbestemmings ens. Vaaloewer bo!"
"Net nie vir my nie. Verkies oop vlaktes en baie ruimte. Vir iemand anders is die omgekeerde weer waar. Ek het jare terug in Roodepoort gebly, en het alles toe baie anders gevind."
"Johannesburg omgewing het pragtige plekke en mens kan leef daar. Voel net nie altyd baie veilig by verkeersligte en in strate nie maar in buitewyke is lieflike plekkies."
"Oulike dorpie om deur te loop, en iets te eet. Ons het Cullinan nie te lank gelede besoek nie, en dan is daar nie werklik weer iets om te sien nie. Wees versigtig indien jy nie oor 'n naweek daar oorbly nie. Eetplekke is baie beperk na ure. Aangesien ons op 'n vakansiedag (Donderdag) oorgebly het, het ons verwag om verskeidend plekkies te kon kies vir aandete - fout. Die strate rol vroeg-vroeg op, en ons kon byna net by Oppistasie iets gaan eet voor 18:00. Ons het wel baie lekker geëet!"
"Everything you need, from shopping malls to doctors to social venues is available around every corner!"
"It is a great city as long as you do not go to te city centre and stay vigilant. Lots of good restaurants and theatre shows to see."
"Vir ons is Johannesburg meer plig as plesier. Vir die wat hou van besig wees, is daar heelwat om te doen en te sien in die stad."
"Johannesburg het baie om vir toeriste aan te bied as 'n mens met 'n oop kop kom: kuns, kultuur, geskiedenis, natuur. Moenie vaskyk in die misdaad en slegte paaie nie. Die mense is onsettend vriendelik en verwelkomend. Daar is deesdae baie dienste vir toeriste om die stad te ontdek."
"Beggars at the traffic lights are intimidating for tourists to deal with."
"Staying in this suburb made us aware of what a beautiful city Johannesburg is. We don't know it well and usually go to all the 'main attractions and malls', but were pleasantly surprised at how beautiful these neighbourhoods are and how established many of the residences are. Nice to have had the chance to get to know the city better, and hopefully we will be back again soon!"
"Ek kan nie regtig kommentaar lewer oor Pretoria nie aangesien ons net daar oorgeslaap het."
"By winkelsentrum my ruit gebreek en laptop gesteel, wat nie sigbaar was van buite nie."
"Gauteng is waarvan mens daarvan maak. Daar is baie onontginde juwele wat net wag om meer bekend te word."
"Hopeloos te besig vir my. Ons is gewoond aan Platteland. Ons het 17 jaar in Fochville gewoon en tans is ons ook 17 jaar in Phalaborwa. Geen verkeer en baie rustig."
"Vervalle, verwaardeloos en vuil teenoor 20 jaar gelede. 'n Stad wat voorwaar agteruit gaan en baie onveilig is om te verken."
"Surprisingly much game (one of each!) as we drove in the first day. Some of them in a not very good condition. Self drive rates very high."