Verified Reviews
Hartenbos
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hartenbos
Rated 4.8 out of 5 based on 392 reviews.
"Ek is verlief op Hartenbos. Die pretparkeienaar kan dit oorweeg om die musiek effens sagter te maak. 'n Mens moet darem nog met mekaar kan praat wanneer jy daar verby gaan of van die park gebruik maak. Ek hou van die beskikbaarheid van fasiliteite terwyl die vakansiestemming steeds behoue gebly het. Die wandelpaaie al teen die strand langs maak dit toeganklik. Hartenbos is skoon en vriendelik. Daarby kan ek tien uit tien gee vir die ATKV swembad. Vir gesinspret en veral vir kampeerders is Hartenbos beslis die vakansie om te ervaar. "
"Hartenbos sien my definitief weer, mits ek by Me Time, kan plek kry. Fantastiese plek - sentraal geleë sodat jy in 'n radius van ongeveer 60km menig bekende toeriste aantreklikhede kan besoek."
"Die Natalse strande kan net nie vergelyk word met die skoon strande in Hartenbos nie. Ons is nou absoluut verlief op die Kaap !"
"Baie aangename vakansie atmosfeer. Volop verblyf en besighede voldoen aan vereistes."
"Hartenbos is en bly die heerlikse vakansie vir ons. Sien uit na nuwe verwikkelinge in Hartenbos. "
"Die plek het my onmiddellik aangetrek en wanneer finansies dit toelaat, sal ek enige tyd daarheen verhuis! Nogmaals baie dankie aan LekkeSlaap."