Geverifieerde Resensie
Hartenbos
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hartenbos bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 388 resensies.
"Dit sou help as hulle my voor die tyd laat weet het dat ons nie daar kon vertoef nie en nie op die dag wat ons daar aankom nie. Ek is eintlik teleurgesteld."
"Die lekkerste plek vir rus/ontspan/vakansie. Geen onnodige ryery nie. Als wat jy nodig het is gerieflik naby. Ons is verlief op Hartenbos en De Branders."
"Ek is verstom oor die uiters funksionele en estetiese strandfront wat sedert my laaste besoek, etlike jare gelede, aangebring is."
"I will definitely visit Hartenbos again. it is a beautiful part of the Western Cape and I would like to see more of it on my next visit."
"'n Groter verskeidenheid restaurante op die seefront sal lekker wees. Daar was nie regtig 'n goeie, billike restaurant waar 'n mens net lekker kan kuier nie."
"Hartenbos is 'n see-vakansie bestemming . Dit is baie gewild onder matrikulante en studente en 'n vertrapping binne-seisoen. Die plaaslike eetplekke is tops en die personeel behandel jou soos 'n local."
"Wonderlikste, rustigste dorpies met die mees wonderlike vriendelike inwoners en besienswaardigehede. "
"Die nuwe pretpark is wonderlik. Baie om te sien en doen in 'n 20 km radius, strand is skoon."
"Die personeel in die besighede is baie vriendelik. Dit laat mens welkom voel. Iets wat ek in sommige van die kusdorpe nie ervaar het nie."
"Heerlike vakansiebestemming alhoewel dit baie duur is en oor Desember-vakansies amper te besig."
"Lieflike plek! Lieflike mense. Ons hoor altyd rillerstories hoe duur kruideniersware by die see is, maar het dit glad nie so ervaar nie. Die kruidenierswinkel was met baie dag tot dag aankope goedkoper as wat ons in Pretoria betaal. En die lekkerste was dat ons ons taal kon praat in Hartenbos!"