Verified Reviews
Hartenbos
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hartenbos
Rated 4.8 out of 5 based on 388 reviews.
"'n Pragtige dorpie met vriendelike mense en pragtige natuurskoon, perfek vir enige familie se seevakansie."
"Die verkeer was baie erg. Baie vakansiegangers vir so 'n klein dorpie."
"Hartenbos is wonderlik en die beste plek om vakansie te hou in die land. Die weer is wonderlik en die see is fantasties. Wonderlik en baie aangenaam."
"Hartenbos, jy het ons hart gesteel, sien jou weer! Baie dankie vir die herwinning wat so goed die dorp skoon hou!"
"Hartenbos is 'n lekker vakansieplek waar mens so lekker kan ontspan. Alles is lekker naby mekaar."
"Om eerlik te wees, as kind het ek baie daar gaan vakansie hou. My enigste probleem nou is dat ek voel dat Hartenbos word meer 'n besigheidsbestemming as vakansiebestemming met al hierdie nuwe waterfronts en malls wat tans daar gebou word. Alles kos geld en toegang tot die strand is ook nie meer so maklik bekombaar soos 'n paar jaar gelede nie. Baie hartseer om dit te sien gebeur."
"Hou al jare daar vakansie. Baie lekker vakansiedorp. Oktober net baie stil in vergelyking met Desember. Is maar gewoond aan Desember se bedrywighede. Sal weer gaan!"