Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11422 resensies.
"Die Karoo is pragtig. Het dit baie geniet om daardeur te ry. Sal vir seker dit weer doen!"
"Middelburg het sy uitdagings en ek glo dat die owerhede na die uitdagings sal kyk."
"Een nag in die dorpie is nie genoeg nie. Moet die dorpie ten minste 2 aande oorbly om alles te ervaar. Effense ompad om dit te gaan sien het, maar die inwoners van die dorpie is baie vriendelik."
"Prins Albert is 'n fees. Baie goeie restaurante - Jeremy's is ons gunsteling, baie interessante markies en natuurlik die indrukwekkende Swartbergpas."
"Ons het Graaff-Reinet baie geniet aangesien ons al voorheen daar was. Vriendelike Afrikaanssprekende mense. Dankie, ons kom weer."
"Beslis een van die mooier Karoodorpies en die moeite werd om te besoek. 'n Vroegoggend kort stappie na die dam met pad verby Karos Gastehuis is 'n moet."
"Werklik 'n unieke plekkie, en dit as gevolg van een vrou se kunssinnigheid. Dit voel soos 'n ander land, met 'n rustige pas en vriendelike mense."
"Best service. Best place for an overnight. Excellent restaurant Tjailatyd and the Gariep ATKV."
"Die dorp het daarin geslaag om oor die jare sy karakter te behou deur erfenisgeboue pragtig in stand te hou. Beslis 'n besoek werd."
"Vuil en lastige bedelaars. Chris Barnard is so afgeskaal en nie meer die moeite en koste werd om te besoek nie."
"Pragtige, skoon dorpie wat nie genoeg raakgesien word nie. Sal definitief 'n dag of twee daar kan bly om al die pragtige plekkies te verken. Dit was net 'n teleurstelling dat ons net by die Spur kon aandete geniet. Die duurste ete vir ons hele vakansie."
"Gariep het ongelukkig nie veel om te doen behalwe die damwal nie. Bietjie moeilik om kindertjies besig te hou as daar niks is nie."