Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11422 resensies.
"Colesberg was en sal nooit 'n toeristebestemming wees vir my nie, dit is slegs 'n oorslaapdorp."
"Doen die Historical/Ghost walk wat Ailsa die Story Weaver aanbied. Het restaurante (selfs vir ontbyt) duur gevind."
"Fantastiese, goeie plek om die siel te laat rus en die natuur se stilte in te drink. "
"Colesberg het mooi plekkies, ongelukkig bietjie vervalle. Goeie restaurante met lekker boerekos."
"The streets are not well-lit and we couldn't see if there were any directions shown to the guest house. Had to really drive slowly as the street was dark."
"'n Pragtige klein dorpie waar jy rus vir jou siel kan vind. Genoeg om te doen indien jy net besig wil bly: natuurlik die Uilhuis, 'n moet om te besoek. Stap deur die stofstrate. Lekker restaurante, bierbrouery, boekwinkel, fossielroete, lekker baie grondpaaie buite die dorp vir fietsry en stap. Sementreplikas van die Uilhuisbeelde wat deur die plaaslike entrepreneurs gemaak en verkoop word (agter die Uilhuis, langs die rivier)."
"Grondpaaie na die bestemmings kort bietjie werk, maar as mens dit weet van die Noord-Kaap is dit beslis iets besonders en mooi."
"No, it's a preferred petrol stop, however, Beaufort West is not considered a travel destination according to many."