Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11380 resensies.
"Desembermaande gaan dit by Colesberg soos by die Betlehem van die Bybelse tyd, dit is oorvol want almal soek oornagverblyf. Dit is altyd opvallend hoe gasvry en behulpsaam die mense is."
"Die mense is almal baie vriendelik, die omgewing baie mooi en daar is heerlike eetplekke nie te ver van die dorpie af nie, bv. by Joubertina en Twee Rivieren."
"Die besoek aan die geskiedkundige NG Kerk was die hoogtepunt. Daar is georganiseerde besigtigingstoere wat mens moet meemaak. Dit is ook 'n goeie idee om vooraf bietjie oor die geskiedenis van die dorpie te lees. "
"As jy ooit deur Beaufort-Wes ry, maak gerus 'n draai by 4sheep - die beste plekkie om 'n burger te geniet en jou battery te herlaai."
"Baie oulike winkeltjies, alles maklik verkrygbaar, vriendelike mense."
"Ons was verbaas oor die oulike dorp. Het altyd gedink dis 'n stowwerige ou plekkie, maar dis regtig oulik."
"Prins Albert is 'n "kunstige" dorpie wat definitief die afdraai vanaf die grootpad die moeite werd maak."
"Pragtig netjiese dorp om op trots te wees. Baie om te sien, vriendelike inwoners! "
"Die Karoo Nasionale Park was pragtig en lekker vrek warm. Baie wild gesien, tot leeus. Mense op die dorp is vriendelik gewees. Van die ou geboue is pragtig, maar sommiges kort bietjie opknapping."
"Vriendelike mense. Ons moes die tandarts besoek vir 'n noodgeval en was verbaas oor die behulpsaamheid en opregte vriendelikheid van die hele personeel en die tandarts."
"Pragtige dorp terwyl Vallei van Verlatenheid die dam en die dorp uitstekende fietsry/stap geleenthede bied. Inligting oor dorp dws begraafplase/skole en museums het ek nie by gastehuis gekry nie maar glo dit is beskikbaar by infosentrum. Ek dink dit kan beter bemark word as oornag/toeriste bestemming waar mense meer as een nag moet slaap!"
"There isn't much advertising as what to do in and around Colesburg, but it it is a good place to overnight in between long distances."
"Ons het net daar oornag oppad terug van die Kaap af, ons het die wonderlikste ete by Bordeaux Restaurant geniet! Baie gasvrye eienaar, goeie diens en natuurlik die kos was voortreflik!"
"Baie warm (duh - einde Desemeber - kon dit verwag het), maar baie vriendelike mense. Winkeltjies, kafees en restaurante baie oulik en lekker. Prickly Pear maak die lekkerste pizza."